Honderd persent reg is die enigste manier waarop dinge gedoen word op Habata se plase by Kirkwood en Addo in die Oos-Kaap. Daar is immers derduisende plaaslike en oorsese lekkerbekke
wat gretig wag op Habata se keurige sitrus, waatlemoene,
spanspekke, botterskorsies, kool en pikantrissies.
Vir spuitwerk en grondvoorbereiding is Habata se Kubota M9540 van 71 kW, wat sy hidrouliese stelsel met ‘n vloei van 64,3 ℓ/min hier gebruik om die spuitbalk te ontvou vir voorplantonkruidbeheer, die perfekte trekker.
Om net die beste produkte te lewer, gebruik Habata net die beste
boerderymetodes en tegnologie – en deel van hierdie allerbeste tegnologie is Habata se flink span Kubota-trekkers. Hannes en Marie Joubert het dertig jaar gelede in die Sondagsriviervallei
begin boer en Habata met harde werk en toewyding tot ’n modelboerdery opgebou.
Suid-Afrikaners hou van ‘n goeie suksesverhaal. Daarom duik die on – stuit baarheid van die Springbokke in die Wêreldbekertoernooie van 1995 en 2007 steeds in rugbygesprekke op. Die meeste produsente is groot rugby-geesdriftiges en gesels lekker saam. Hulle raak egter ewe opgewonde oor goeie produkte en diens wat hul plaastake vergemaklik, veral as hulle vroeër nie veel kennis daarvan geneem het nie.
Kubota Loader
Só praat suiwelprodusente en ander gebruikers al hoe meer oor Kubota se laaigraafreeks, wat toenemend op Suid-Afrikaanse plase ingespan word vir hooimaak- en ander take: Hulle is duidelik opgewonde oor dié toerusting, wat met Japannese presisie vervaardig word en in Suid-Afrika deur Smith Power Equipment versprei word.
Sedert Smith Power Equipment begin het om die Japanse reeks Kubota-trekkers in te voer, het die maatskappy van krag tot krag gegaan. Trouens, mnr. Deon Engelke, bestuurder van Smith Power Equipment, se die harde werk wat die maatskappy seder! 2000 verrig het, begin vrugte afwerp.
’n Onoorwinlike kombinasie vir enige boerderysukses is goeie trekkers engoeie diens deur die trekkerverskaffer. Chamonix, die pronk-wynlandgoed hoog bokant Franschhoek, is in al sy bedrywighede gesteld op gehalte en doeltreffendheid. Net die beste is goed genoeg om hierdie landgoed se pryswennerwyn en vonkelhelder water te produseer. Daarom gebruik Chamonix net Kubota-trekkers vir al die werk wat op die plaas gedoen word.
Die Kubota RTV900 is ’n ratse orals-loper wat boonop ’n vrag kan dra en ’n sleepwa kan sleep.
Gottfried Mocke, Chamonix se wynmaker, sê hy was nog nie ’n oomblik spyt dat hulle drie jaar gelede hulle hele trekkervloot met Kubotas vervang het nie. Chamonix se eienaar, Chris Hellinger, is ’n man wat gehalte na waarde kan skat en vir hom was daar net een keuse: Kubota.
So sekuurseker is Deon Engelke, produkbestuurder van Kubota SA, van sy saak dat hy enigiemand uitdaag om vir hom ’n ontevrede Kubotaboer in Suid-Afrika te bring.
“As daar ’n ontevrede Kubota-eienaar was, sou ek nie nou hier gewees het nie,” verklaar hy: “Ek sou by hom op sy plaas gewees het besig om hom tevrede te maak.”