Kubota M7 NAMPO 2019

Goeie nuus vir boere: Kubota brei wyd uit

‘n Nuwe reeks oranje trekkers het boere vanjaar op die Kubotastandplaas by NAMPO begroet, langs die bekende reeks ratse Kubota boorden wingerd-trekkers met hulle groter
broers, soos die nuwe M7172 hierbo, en veelsydige ruweterreintoerusting.

Internasionale samewerking tussen Indië, Suid-Afrika, Japan en Nederland op sy beste met Nishant Bindra, Summant Khanna, en Vijay Gupta van Escorts voor en langs die trekker. Op die trekker is Tom Bloom van Smith Power, Arjan Mulder van Royal Reesink en Rajiv Wahi van Escorts.
Internasionale samewerking tussen Indië, Suid-Afrika, Japan en Nederland op sy beste met Nishant Bindra, Summant Khanna, en Vijay Gupta van Escorts voor en langs die trekker. Op die trekker is Tom Bloom van Smith Power, Arjan Mulder van Royal Reesink en Rajiv Wahi van Escorts.

Die nuwe reeks spruit uit ’n gesamentlike onderneming tussen Kubota van Japan en Escorts van Indië. Kubota sal saam met Escorts trekkers ontwikkel en vervaardig vir die groeiende mark in Indië en wêreldwye uitvoer na lande soos Suid-Afrika.

Die trekkers is veral gemik op nuwe toetreders tot die landbou wat ’n meer bekostigbare alternatief nodig het.

Boere het moontlik by NAMPO gewonder oor die oranje trekkers wat van die kant af soos Ford-trekkers lyk. Die verklaring is: Escorts het vroeër ’n lisensie van Ford gehad om die trekkers te vervaardig. Al die trekkers sal nou die Kubota-stempel ontvang.

Die nuwe reeks oranje intreetrekkers spruit uit ’n internasionale samewerkingsooreenkoms
Die nuwe reeks oranje intreetrekkers spruit uit ’n internasionale samewerkingsooreenkoms

In ’n onderhoud met ProAgri het Rajiv Wahi van Escorts vertel dat die onderhandelinge al drie jaar aan die gang is. Hy sê die maatskappye vul mekaar mooi aan met die koste-voordeel
van Indiese vervaardiging en die gevorderde tegnologie van Japan.

Saam kan ons vinniger groei om aan die groeiende behoefte vir mega–nisasie te voldoen,” sê hy. Oranje sal die kleur wees! Op NAMPO is dit aangebied as die EK-reeks (vir Escorts en Kubota).

Die pryse sal meer mededingend wees, sonder om in te boet op gehalte en ontwerp,” sê Rajiv.

In die reeks is daar tweewiel- en vierwiel-aangedrewe trekkers van 12 tot 110 perdekrag (8,9 tot 89,4 kW). Rajiv sê handelaars en boere het die reeks goed ontvang op NAMPO en omtrent al die trekkers op die standplaas was reeds teen Woensdagmiddag uitgeteken.

Smith Power oorgekoop In nog maatskappynuus is aangekondig
dat die multinasionale maatskappy, Royal Reesink, Smith Power Equipment, die plaaslike verspreiders van Kubota, oorgekoop het. Royal Reesink is 233 jaar gelede in Nederland gestig en versprei toerusting vir landbou, pakhuise en ingenieurswerke. Hulle
verkope verlede jaar was 700-miljoen euro. Die aankoop van die Smith Power-aandele sal die Europese reus toegang tot Afrika gee.

Die hele bestuurspan en handelaarsnetwerk van Smith Power bly
soos dit is. Boere kan gerus wees dat hulle steeds met hulle plaaslike verteenwoordigers of handelstakke kan praat oor Kubota-toerusting en die res van die Smith Power-landboureeks, soos Smith Power Generators, Polaris, EGO Power+ en Linhai.

This article was featured in ProAgri – June 2019 and also on their website [click here].

For more information please contact Smith Power Equipment on 011 284 2000.

Check out our Facebook page. [click here] or our website [click here]