Die B2420 Kubota-modelle met hulle lae brandstofverbruik en operateursgemak maak Happy Lekabe, operateur en Andrew Blom, pakhuisman op Madikwe Berry, se werk baie maklik.

Madikwe Berry: Die beste bloubessies kies die beste oranje trekkers

Diep in die bos en na baie kilometer se grondpad na die Botswana-grens kry jy Madikwe Berry – ՚n nuwe ontwikkeling in die Dwaalboom-omgewing wat binnekort 50 hektaar bloubessies in tonnels gaan hê. Die projek is op 1 Mei 2017 afgeskop en daar is reeds 20 hektaar se rye en rye sakkies wat wag op die eerste oes in Augustus.

Francois Kriel with his kubota
Francois Kriel with his kubota

Francois Kriel is die projekbestuurder en een van sy eerste take was om ՚n geskikte trekker te kies waarmee met hierdie sensitiewe nisproduk geboer kan word.

Madikwe Berry

Die eienaars en aandeelhouers van Madikwe Berry is al drie groot ondersteuners van ՚n ander trekkerhandelsmerk, maar ek ken Kubota en het al met hulle gewerk, so ek wéét: Kubota is die geskikste trekker vir hierdie bedryf. Ons het toe op Kubota besluit,” sê Francois.

Madikwe Berry het aanvanklik vier B2420 Kubotas in ՚n baie bekostigbare pakket by hulle agent, Maubra, in Brits gekoop. Voor die gejaag van die oesseisoen gaan hulle nog trekkers aanskaf.
Madikwe Berry het aanvanklik vier B2420 Kubotas in ՚n baie bekostigbare pakket by hulle agent, Maubra, in Brits gekoop. Voor die gejaag van die oesseisoen gaan hulle nog trekkers aanskaf.

Die Kubota-agentskap in Brits, Maubra, het vir ons ՚n uitstekende pakket aangebied op die eerste vier B2420-modelle wat ons gekoop het.”

Die Kubotas ry tans die plantsakke heen en weer, snoeisels weg en word ook gebruik vir algemene skoonmaakwerk op die plaas. Tydens oestyd sal hulle spesiaal-ontwerpte waentjies in ՚n treintjie trek om die bessies na die pakhuise te vervoer. Die sanitasie-stasies moet ook saam met die werkers rondgetrek word sodat sindelikheid deurlopend toegepas kan word.

Francois Kriel, operasionele bestuurder by Madikwe Berry, kon nie anders as om Kubotas te kies vir hierdie delikate boerdery nie.
Francois Kriel, operasionele bestuurder by Madikwe Berry, kon nie anders as om Kubotas te kies vir hierdie delikate boerdery nie.

Die rye in die tonnels is 2 meter breed en die Kubotas se wielbuitemates is ՚n skamele 1,33 meter, wat die operateurs se werk baie maklik maak. ՚n Ander uitsonderlike kenmerk van hierdie Kubota-modelle is die nat koppelaar waarmee hulle toegerus is.

՚n Operateur kan stadig deur die rye ry en aanhoudend stop en ry sonder dat daar wrywing op die bewegende dele van die koppelaar uitgeoefen word.

Dit verseker ՚n geweldige lang leeftyd op een van die mees sensitiewe onderdele van ՚n trekker. Verder is die draaisirkel van 2,1 meter ideaal vir binne-in ՚n tonnel werk. ՚n Bloubessie is ՚n baie gevoelige gewas.

Dit moet een-een met die hand geoes word en ՚n plukker oes gemiddeld 15 kg per dag. Dit mag nie skud tydens vervoer of aan rook blootgestel word nie. Dit het vir alle praktiese doeleindes ՚n steriele omgewing nodig.

Kubota B2420 with trailer

Gelukkig is Kubota bekend vir hulle stil enjins wat die minimum vibrasie veroorsaak en die Vlak 3 uitlaatgas-enjins stel die minimum dampe en rook vry.

Francois het twaalf operateurs aangestel sodat elke trekker altyd ՚n drywer tydens die besige oestyd sal hê. Maar om die verantwoordelikheid vir ՚n voertuig tussen mense te verdeel is riskant. Kubota het daardie bestuursuitdaging aansienlik vergemaklik deur die 12 operateurs deeglik deur hulle agentskap op te lei en aan elkeen ՚n sertifikaat uit te reik.

Francois Kriel with his kubota at his farm

Kubota het ook seker gemaak dat die trekkers nie om ander redes staan nie. “Maubra het ՚n dienskontrak met ons wat in die koopkontrak ingesluit is. Die eerste diens op ՚n nuwe trekker is na 50 uur en daarna elke 250 uur. Wanneer die masjien sy dienstyd bereik,
kontak ons hulle net en dan kom hulle uit,” sê Francois.

Chris Coetzee - Maubra Utility Products
Chris Coetzee – Maubra Utility Products

logo-main

Contact Chris Coetzee – 082 263 7520 | chris@maubra.co.za

This article was featured in the ProAgri – March 2019 and this was featured on their website [click here]

For more information please contact Smith Power Equipment on 011 284 2000.

Check out our Facebook page. [click here] or our website [click here]