Kubota M9540 Open Station Tractor

Avokadoboorde: Kubota staan sy man op ’n sendingstasie

Avokadoboorde: Om na 1 200 mense om te sien sit nie in enige organisasie se broek nie, maar dit is die daaglikse taak van die Emseni  waSizabantusendingstasie, 50 km oos van Greytown.

Die Kubota U50-gatgrawer met sy bossiekapperkoppelstuk sny die onkruid versigtig en akkuraat tussen en onder die bome af sodat dit as kompos kan dien en steeds verhoed dat die bogrond tydens die Natalse
Die Kubota U50-gatgrawer met sy bossiekapperkoppelstuk sny die onkruid versigtig en akkuraat tussen en onder die bome af sodat dit as kompos kan dien en steeds verhoed dat die bogrond tydens die Natalse

Die dinamiese Duitste sendeling, Erlo Stegen, het die sendingstasie in 1970 gestig en dit word sedertdien oorstroom deur mense wat ՚n behoefte het aan geestelike en liggaamlike hulp.

Avokadoboorde

Die plaas waarop die stasie gevestig is spog reeds met ՚n radiostasie, dwelm-rehabilitasiesentrum, ՚n 7 000 -sitplek kerk, skool en tersiêre opleidingsentrum. Om hulle eie inkomste te skep is ՚n supermark, restaurant en die bekende aQuellé botteleringsfabriek op die been gebring. Maar dit is die 180 hektaar avokadoboorde, 8,5 hektaar groentetonnels en melkverwerkingsfabriek wat die stasie selfonderhoudend maak.

Die plaas is baie bergagtig en dit is nie ՚n grap om met die spuite tussen die avokadoboorde te kom nie. Boonop brei die boorde vinnig uit en die plaasbestuurder, Dietmar Joosten, beplan om binnekort nog 100 hektaar avokado’s te vestig. Die behoefte aan ՚n sterk, maar klein, smal en ratse trekker het al hoe groter geword. Kubota was die enigste trekkermaatskappy wat vir hulle ՚n uitstekende oplossing kon bied.

Die Kubota U50 se bossiekapper kan met gemak struike en braambosse van tot 50 mm dik in kompos omskakel
Die Kubota U50 se bossiekapper kan met gemak struike en braambosse van tot 50 mm dik in kompos omskakel

Vir my was Kubotas altyd goeie trekkers met goeie enjins,” sê Dietmar. “Ek kan niks met ՚n groot, lomp trekker doen nie. Ons moet 4 000-liter tenks teen steil hellings uitsleep en dan moet daar nog fyn gedraai word tussen die boorde. Ons sny gras en spuit tussen die bome en tydens oestyd moet die sleepwaens met swaar vragte ook tussen die boorde gesleep word. Die smal Kubota-trekkers met hulle klein draaisirkels pas ons soos ՚n handskoen.”

Sipho Mbatha with his Kubota M9540 Open Station Tractor
Sipho Mbatha with his Kubota M9540 Open Station Tractor

Die eerste Kubotas het 8 jare gelede op die plaas aangekom. Dietmar het besluit om net die M9540’s te koop, wat sake baie vergemaklik. Vandag is daar reeds ses wat op hulle twee plase loop.

Die jongste vier trekkers is met kajuite bestel, want Dietmar glo dat ՚n operateur wat teen die elemente beskerm word ՚n baie meer positiewe werker is. Emseni is vandag die grootste Kubotakliënt in Natal.

Nog meer rede vir Kubota

Kubota se markaandeel in Suid-Afrika groei gesond en verkope lyk uitstekend. Toe Kubota so 18 maande gelede hulle pryse aansienlik laat sak het, het Dietmar nog meer geheg aan die Kubota-handelsmerk geraak: “Ek het verlede jaar ook die veeldoelige Kubota 5-ton U50-gatgrawer te koop. Dit was een van die beste kopies in my lewe. Die klein en kompakte masjien stoot met die grootste gemak verhewe beddings waarin die avokadobome groei. Dit sny ook die onkruid en gras tussen die bome baie presies en akkuraat met die bossiekapper-aanhegstuk. Die avokadobome groei sommer baie beter sedert die verhewe beddings nou so presies gestoot word, en sedert ons die onkruid sny in plaas van doodspuit, het ons ekstra kompos tussen die boorde. Boonop is erosie en bogrondverlies nou iets van die verlede,” sê Dietmar.

Valtrac KZN in Pietermaritzburg is die Kubota-handelaar wat Emseni bedien en hulle reël trekkerbestuurderopleiding, dienste en onderdele. “Hulle kyk baie mooi na ons. Sommige van ons trekkers het al 6 000 uur se harde werk agter die rug en loop nog steeds sonder sorge,” sê Dietmar.

Dietmar se Kubota M9540’s lewer 71 kW, wat dit fris genoeg maak om selfs ՚n damskrop in te span. Dietmar kon dus die reuse taak om die 8,5 hektaar onder die groentetonnels gelyk te maak, met sy Kubota-staatmakers aanpak. “My tweede U50 is reeds bestel en sal binnekort op die plaas aanland en as ek kon, sou ek nog baie Kubota-trekkers gekoop het,” sê hy.

This article was featured in the ProAgri – Nov 2018 and on their website [click here]

For more information please contact Smith Power Equipment on 011 284 2000.

Check out our Facebook page. [click here] or our website [click here]