Smith Power Kubota M7

Smith Power verf SA oranje

Die kleur van vooruitgang is oranje – en Smith Power Equipment is stadig maar seker besig om Suid-Afrika oranje te verf. In 2000 het die maatskappy die verspreider van Kubota in Suid-Afrika geword en die oranje masjiene geniet nou 8% markaandeel in die tawwe trekkermark.

Wally Bergmann Kubota M7-172
Wally Bergmann Kubota M7-172

Dit is merkwaardig, veral as ’n mens in ag neem dat Kubota spesialiseer in kleiner, maar meer tegnologies gevorderde, trekkers. Wally Bergmann, besturende direkteur van Smith Power, sê: “Hier is ’n goederetrein op pad en hy is oranje!

Die plan is om binne twee jaar tien Smith Power-takke landwyd te vestig wat ook die meer as veertig handelaars in die streke sal ondersteun. Die eerste tak is in Somerset-Wes gevestig. Nelspruit het onlangs sy tak geopen en Johannesburg is volgende op die lys.

Dit gaan vir ons oor kliënte-ondersteuning,” sê Wally. “’n Boer moenie nodig hê om verder as 100 km te ry om onderdele te koop of tegniese ondersteuning te kry nie.

Smith Power beplan ook om al hoe meer die werktuigmark te betree, sodat hulle ’n volledige oplossingsreeks vir boere kan aanbied. Saam met sy Kubota-toerusting bied die maatskappy ’n wye reeks ander produkte vir boerdery, nywerhede en die kleinhandel. Wally sê die afdelings sluit mekaar ook nie uit nie, want “hoe ruil jy ’n gloeilamp bo in jou pakhuis se dak, of hoe skuif en stapel jy jou kratte vol vrugte?” Smith Power het ook daarvoor die toerusting en die antwoord.

Smith Power se NAMPO-standplaas het vanjaar geskitter met nuwe toerusting en tegnologie:

Die nuwe Kubota M7-172 van 126,8 kW (170 pk) het verseker die mielieboere se aandag getrek. Met die Kubota-kragman sal meer saaiboere ook die voordeel van die gevorderde Japannese tegnologie kan geniet. Die trekkers sal eers van volgende jaar af beskikbaar wees, maar boere is welkom om hulle naaste Kubota-handelaar te kontak om te vra vir ’n demonstrasie.

Wally Bergmann beduie hier aan boere dat Kubota se tegnologie in ’n ander klas is, met eienskappe soos die stewige driepunt, eksterne hidrouliese silinder, 9,5 ton hysvermoë, lugremme, sleepwaremme en geslote hidrouliese stelsel vir lugdrukplanters.

Kubota U15-3 mini-slootgrawer
Kubota U15-3 mini-slootgrawer

Die Kubota U15-3 mini-slootgrawer kan op enige terrein vastrap, 3,9 meter ver in enige rigting werk, 2,3 meter diep grou en ’n gewig van 850 kg tot 3 m hoog lig. Charl Kemp, Robert Keir en Tom Bloom sê die masjien is maar 1,24 m breed, wat beteken jy kan gemaklik in ’n boord of wingerd beweeg.

Polaris Ranger XP 1000
Polaris Ranger XP 1000

Die een wat almal wil hê…,” Smith Power het ’n wye reeks vierwielers vir werk en speel. Die nuwe Polaris Ranger XP 1000 EPS het ’n stewige 61 kW enjin met onafhanklike vierwielaandrywing en aktiewe afdraandebeheer, sitplek vir drie mense, elektriese kragstuur, en die bak kan ’n vrag van 454 kg dra.

EGO Power-Plus battery
EGO Power-Plus battery

Brandstof raak onbetaalbaar duur, dit is ’n uitdaging om dit veilig te bêre, veral as jy ’n kontrakteur is, en mengsels vir tweeslagenjins is nie altyd wat dit moet wees nie. Met Smith Power se top wêreldklas EGO Power Plus-batterye, laaiers en reeks toerusting waar die batterye gerieflik inkliek en ongelooflike krag lewer, het die gebruik van kragtoerusting sommer baie makliker geword.

Die 56V Arc Lithium-Ion-battery herlaai binne net twintig minute en dan kan jy 40 minute aaneen werk. Met twee batterye en ’n herlaaistasie sal jy dus die hele dag kan werk. Jy kan grassny, bossies kap, blaas en saag na hartelus!

This article was featured on the ProAgri website [click here] and in their publication ProAgri – July 2018.

This article was featured in the Capital Equipment News July 2018.

For more information please contact Smith Power Equipment on 011 284 2000.

Check out our Facebook page. [click here]