Kubota L45

Smith Power Equipment bied veelsydige oplossings vir Laeveldboere

Goeie produkte en goeie diens is ‛n wenresep wat Smith Power  Equipment in Nelspruit noukeurig toepas. Die tak het in Maart oopgemaak en is ideaal geleë om die streek se boere te dien met landboumasjinerie.

Zander van der Merwe, werknemer van Smith Power Equipment, Nelspruittak, Jacques de Klerk van JDK Konstruksie en Dirk Joubert, gebiedsbestuurder van Smith Power Equipment.
Zander van der Merwe, werknemer van Smith Power Equipment, Nelspruittak, Jacques de Klerk van JDK Konstruksie en Dirk Joubert, gebiedsbestuurder
van Smith Power Equipment.

Smith Power Equipment hou ‛n uiteenlopende reeks handelsmerke
aan, wat Kubota, Polaris, Kawasaki, Kipor, en Linhai insluit. Trekkers, vurkhysers, wipbaktrokke, kragopwekkers, laaigrawe, vierwielmotorfietse en ATV’e is daar om van te kies en keur.

Smith Power Equipment het boonop ‛n werkswinkel op die perseel, maar gaan hoofsaaklik uit na die kliënte om toerusting te versien. “Dit maak sake baie geriefliker vir die boer. Hy hoef nie die masjiene op te laai en aan te ry dorp toe nie; ons bring ons werkswinkel na die plaas,” sê Dirk Joubert, gebiedsbestuurder vir Smith Power Equipment in Nelspruit.

Smith Power Equipment – Nelspruit

Die tak hou ‛n groot voorraad onderdele aan om blitsige diens te kan lewer, en ‛n onderdeel wat hulle nie in voorraad het nie, kan gou-gou bestel en versend word om die boer se staantyd immer tot die minimum te beperk.

Een van die uitblinkers op Smith Power Equipment se verkoopsvloer is die Kubota-reeks trekkers en TLB’s. Die reeks Japanese toerusting het die grootste markaandeel in trekkers onder 65 kW in Suid Afrika – en met goeie rede.

Prysgewys is Kubota baie mededingend en jy kry uitmuntende waarde vir jou geld. Kubota staan vir niks terug nie en het baie trekkrag. Die handelsmerk is al 60 jaar aan die gang en al 20 jaar in Suid Afrika. Hy het al ‛n goeie naam vir homself gemaak,” sê Dirk.

Kubota L45 TLB

Een van Kubota se gewildste reekse is die L45. Dié trekker / laaigraaf / trugrawer (TLB) is ideaal vir boerdery of konstruksie. Hy grou in ‛n japtrap slote, verskuif en laai grond en funksioneer ook as ‛n volwaardige trekker met ‛n enige trekkerwerk kan doen nadat jy die laaigraaf- en trugrawerarms in ‛n japtrap verwyder het.

Die Kubota L45 is veral gewild in Nelspruit onder die makadamia- en
sitrusboere omdat hy gladweg van die een ry bome in die ander inbeweeg met een draai. Die trekker se Hydro Dual Speed beteken dat daar in die ry van hoë- na laestrek oorgeskakel kan word wanneer meer krag benodig word en terug na hoëstrek wanneer dit nie meer nodig is nie.

Kubota L45 Loader
Kubota L45 Loader

Jacques de Klerk, eienaar van JDK Konstruksie, het vroeër vanjaar ‛n Kubota L45 by Smith Power Equipment gekoop. “Veelsydig en rats” is hoe hy hierdie werktuig beskryf.

Hy is baie beïndruk met die masjien en erken dit is die aankoop wat hom al die meeste gehelp het in sy onderneming. “Die L45 bly besig. Behalwe die werk wat hy op my perseel doen, verhuur ek hom ook uit aan boere in die gebied. As boere hom sien, wil hulle hom hê!

Jacques kan nie voorbly met besprekings van boere wat die L45 wil
huur om grondvoorbereiding te doen nie: “Die graaf is veral ideaal om besproeiingslote te grawe omdat die bak net die regte wydte is.Een boer wat die L45 vir dié doeleinde gehuur het, het gereken op twee dae se werk met ‛n gewone TLB, maar die L45 het die 300 meter lag-lag in net een dag klaar gemaak.”

Die L45 is rats en werk vinnig. “Omdat hy kleiner as gewone TLB’s
is, kan hy maklik in beknopte plekke inkom en rondbeweeg. Hy grawe ook fondasies van 600 mm wyd, wat ideaal is. As ek ‛n ander TLB moes gebruik wat standaard 750 mm wyd grawe dan moes ek na die tyd teruggaan en die sloot nouer maak. So, ek bespaar tyd en arbeid,” glimlag Jacques.

L45 Landbouweekblad - 6 Mei 20163

Die L45 grawe drie meter diep met ‛n wegbreekkrag van 25 892 Nm en ‛n laaihoogte van 2 319 m. Die ekstraswaardiensagteras en die hoogligstabiliseerders sorg dat die L45 stabiel bly en makliker grawe.

Jacques noem dat een van die beste kenmerke van die L45 die hidrostatiese aandrywing (HST) is. “Daar is nie ratte wat verander moet word nie en as jy jou voet van die pedaal afhaal, rem hy outomaties. As jy op ‛n afdraande werk, hoef jy jou nie te bekommer dat die trekker gaan aanhou loop as jy jou voet van die pedaal afhaal nie. Hy stop outomaties.” Dit maak die operateur se
lewe baie makliker en veiliger.

This article was featured in the ProAgri – May 2018.

For more information please contact Smith Power Equipment on 011 284 2000.

Check out our Facebook page. [click here]