IMG_3589

Minder geld vir meer tegnologie

Besoek Smith Power Equipment se Nampo-uitstalling en vind meer  uit oor Kubota se trekkers en sien hoe dié masjinerie jou boerdery kan bevoordeel.

M8540 copy
Die Kubota M8540-laeprofieltrekker van 63,1 kW is een van die modelle wat by die Synag-melkboerdery diens doen. Dit is soortgelyk aan die M9540 (70,9 kW) op die foto, maar het ’n nouer bakwerk en effens minder enjinkrag.

As jy nog nie met dié kompakte toerusting se groot krag kennis gemaak het nie, kan jy gerus glo wat boere oor Kubota se trekkers
te sê het. Kubota word by die Synag-boerdery by Randvaal ingespan
en tot die uiterste beproef.

Ons onderwerp die toerusting voorwaar aan ’n strawwe toets,” sê mnr. Tony Teerink, onderhoudsbestuurder van die Synag-melkboerdery. Met sowat 4 000 koeie in melk in die groep se vyf melkerye moet elke stukkie toerusting elke dag heeldag gereed wees, want dinge staan nooit stil nie.

Tony sê die Kubota-trekkers se tegnologie is werklik besonders.
Voer moet vir al die beeste gemaak word en ’n trekker wat vir
Synag wil werk, moet grondbewerking kan verrig, asook plant-,
strooi-, sny-, baal-, sleep- en mengwerk. Kubota het onlangs
vir diens aangetree en die koeie én hul base glimlag breed oor
hierdie sinvolle toevoeging.

KUBOTA M130X

Om voer te meng vir ’n melkery met 4 000 koeie in melk benodig
jy ’n betroubare werksmag. Synag-melkboerdery se Kubota-
trekkers is ideaal hiervoor. Tony sê: “Ek was effens skepties toe die eerste oranje M130X-trekker hier aankom, maar hy het my gou verbaas. Dit is merkwaardig wat hy vir sy grootte kan doen.”

Tony Teerink, onderhoudsbestuur-der van Synag-suiwelboerdery, sê die tegnologie in Kubota-trekkers is “asemrowend”
Tony Teerink, onderhoudsbestuur-der van Synag-suiwelboerdery, sê die tegnologie in Kubota-trekkers is “asemrowend”

Die M130X se lugversorgde kajuit bied ’n goeie uitsig reg
rondom en gerieflike beheer met die handkontroles. Tony is veral beïndruk met die oranje trekkers se kraguitset. Kort ná sy aankoms is die M130X voor ’n 17-ry-geenbewerkingsmielieplanter (agt meter) ingespan vir plantwerk in al die verskillende grondtipes op die plase en dit het “geloop soos stroop”.

Die M130X het ’n 6,1-literenjin met regstreekse drukbuis-inspuiting
en ’n turbo-aanjaer met tussenverkoeling. Synag het twee van hierdie vierwielaangedrewe 96,9 kW-trekkers, waarvan een
permanent gekoppel is voor die voermenger wat tot 5 ton voer
op ’n slag moet maal en meng.

Die M130X het ’n kraguitset van 84 kW op die kragaftakker, ongeag of die trekker ry of staan. Die grootste gerief van die trekker is egter sy outomatiese ratwisseling.

Dit het 16 vorentoe- en 16 truratte met al die voordele van ’n hidrouliese veelplaat-natskyfaandryfkoppeling. Tony sê die
grootste probleem was om die trekkeroperateurs te leer om nie
die koppelaar uit gewoonte in te trap nie.

Mnr. Dusty Londt, die werkswinkelbestuurder, glimlag ook
lekker breed oor die outomatiese ratwisseling. Hy sê hy is gewoond daaraan dat trekkers se koppelaars knaend “oorgedoen
moet word, maar met die Kubotas was dit nog nooit nodig nie.
Die plaas se eerste Kubota het ná langer as ’n jaar en met sowat
3 000 ure op die klok nog net gewone onderhoudwerk nodig
gehad.

KUBOTA M8540

Drie M8540-rolstaafmodelle van 64 kW elk is die nuutste toevoeging tot die plaas se oranje werksmag. Die trekkers word tipies aangewend om onder meer nuwe raaigrasweidings te vestig,
vragte aan te ry of gras te sny.

Tony sê hulle moet uiteraard gereeld tussen die plase beweeg
en die kleiner Kubota-trekkers met hul spaarsamige  randstofverbruik is ideaal daarvoor.

Die vierwielaangedrewe trekkers kan ook maklik in die krale
ingaan, selfs nadat dit goed gereën het, en draai op ’n tiekie.Tony sê jy druk net ’n knoppie en dan draai die voorwiele vinniger om die trekker in die rondte te trek met ’n draaisirkel van net 3,5 m.

Vind meer uit oor die oranje werk-sreeks vir jou plaas by Robert Keir by 011-284-2024 of  robertk@smithpower.co.za, of besoek www.kubotasa.co.za.

This article was featured in Landbou – NAMPO Supplement May 2018.

For more information please contact Smith Power Equipment on 011 284 2000.

Check out our Facebook page. [click here]