Om voer te meng vir ’n melkery wat 4 000 koeie in melk het, het jy ’n betroubare werksmag nodig. Synag-suiwel-boerdery se Kubota-trekkers bewys hulleself elke dag.

Synag-suiwelplaas melk met Kubota se krag

Kubota “Ons bied voorwaar ’n strawwe toets vir toerusting,” sê Tony Teerink, onderhoudsbestuurder van Synag-suiwelboerdery by Randvaal. Met sowat 4 000 koeie in melk in die vyf melkery in die groep, moet elke stukkie toerusting gereed wees vir ’n 24/7-toets, want dinge staan nooit stil nie.

Tony Teerink, onderhoudsbestuur-der van Synag-suiwelboerdery, sê die tegnologie in Kubota-trekkers is “asemrowend”
Tony Teerink, onderhoudsbestuur-der van Synag-suiwelboerdery, sê die tegnologie in Kubota-trekkers is “asemrowend

Voer moet vir al die beeste gemaak word en ’n trekker wat vir Synag wil werk moet homself gereed maak vir grondbewerking, plant-, strooi-, sny-, baal-, sleep- en mengwerk. Kubota het onlangs vir die diens aangetree en die koeie en hulle base glimlag van oor tot oor oor hierdie sinvolle toevoeging.

Kubota M130x

Tony sê: “Ek was maar bietjie skepties toe die eerste oranje M130Xtrekker hier aankom, maar hy het my baie gou verbaas. Wat hy kan doen vir sy grootte, is ongelooflik.”

Die M130X se lugversorgde kajuit het ’n reg-rondom-uitsig en die handkontroles bied geriefl ike be-heer.
Die M130X se lugversorgde kajuit het ’n reg-rondom-uitsig en die handkontroles bied geriefl ike be-heer.

Dit is veral die kraguitset van die oranje buksies wat Tony beïndruk. Die M130X is kort na sy aankoms voor ’n 17-ry (8 meter) geenbewerkingsmielieplanter ingespan vir plantwerk in al die verskillende grondtipes op die plase en dit het “geloop soos stroop”.

Die M130X het ’n 6,1-literenjin met regstreekse drukbuisinspuiting en ’n turbo-aanjaer met interverkoeling. Daar is nou twee van hierdie vierwielaangedrewe, 96,9 kW-trekkers by Synag en een van hulle is permanent gekoppel voor die voermenger wat tot 5 ton voer op ’n slag moet maal en meng.

Die M130X spog met ’n kraguitset van 84 kW op die kragaftakker en hy handhaaf rustig die nodige omwentelinge, maak nie saak of die trekker ry of staan nie. Die grootste gerief van die trekker is egter sy outomatiese ratwisseling.

Om voer te meng vir ’n melkery wat 4 000 koeie in melk het, het jy ’n betroubare werksmag nodig. Synag-suiwel-boerdery se Kubota-trekkers bewys hulleself elke dag.
Om voer te meng vir ’n melkery wat 4 000 koeie in melk het, het jy ’n betroubare werksmag nodig. Synag-suiwel-boerdery se Kubota-trekkers bewys hulleself elke dag.

Dit het 16 vorentoe- en 16 truratte met al die voordele van ’n hidrouliese veelplaat-natskyfaandryfkoppeling. Tony sê die grootste uitdaging was om die trekkerbestuurders te leer om nie die koppelaar uit gewoonte in te trap nie.

Raak nie die kluts kwyt

Die werkswinkelbestuurder, Dusty Londt, glimlag ook lekker breed oor die outomatiese ratwisseling. Hy sê hy is gewoond daaraan dat trekkers se koppelaars knaend “oorgedoen” moet word, maar met die Kubotas was dit nog nooit nodig nie.

Die eerste Kubota is nou langer as ’n jaar daar met so 3 000 hardwerkende ure op die klok en hy het nog net vir gewone onderhoudwerk in die werkswinkel gaan kuier.

Drie M8540-rolstaafmodelle van 64 kW elk het ook ’n tydjie gelede die oranje werksmag se getalle verstewig en reeds hulle waarde oor en oor bewys. Met ProAgri se besoek het ons die een oranje blits in ’n land gekry besig om raaigras te vestig.

Die ander twee was op ’n drafstap êrens besig om goed aan te ry of gras te sny. Tony sê daar moet uiteraard gereeld tussen die plase beweeg word en die kleiner Kubota trekkers met hulle spaarsamige brandstofverbruik is ideaal daarvoor.

Die vierwielaangedrewe trekkers kan ook maklik in die krale ingaan, selfs nadat dit goed gereën het, en draai letterlik op ’n tiekie. Tony sê jy druk net ’n knoppie dan draai die voorwiele vinniger om die trekker woerts in die rondte te trek met ’n draaisirkel van net 3,5 meter.

Kubota M9540
Kubota M9540

Die handelaar wat hulle ondersteun is Kubota, Heidelberg en hulle het ook rede om te glimlag, want die oranje trekkers is besig om soos ’n veldbrand in die omgewing te versprei.

Tony sê boere sien dat hulle meer tegnologie vir minder geld kan kry. “Die tegnologie wat in hierdie trekkers ingebou is, is asemrowend.

Vind meer uit oor die oranje werk-sreeks vir jou plaas by Robert Keir by 011-284-2024 of  robertk@smithpower.co.za, of besoek www.kubotasa.co.za. In die Heidelberg / Sasolburg-omge-wing, kontak gerus vir Rudie Roets by 064-756-0697.

This article was featured in the ProAgri – April 2018.

This article was featured in the FarmTech – May June 2018.

For more information please contact Smith Power Equipment on 011 284 2000.

Check out our Facebook page. [click here]