Die B2420 se knap daaisirkel sorg dat daar geen tyd verspeel word met spuitwerk nie.

Só arbei Kubota op aarbeiplaas

Mike Miller en sy seun, Mark, van die Redberry-aarbeiplaas net buite George, het so ses jaar gelede half langtand gebyt aan die gedagte om die L39-trekker-laaigraaf-trugrawer (TLB) van Kubota aan te koop, want hulle het gedink hulle sal dit net af en toe kan gebruik.

Die L39 reik ver en grawe diep. Dit kan as ’n gewone trekker ook gebruik word, maar wie wil nou? Daar is genoeg werk op Redberry vir hom!
Die L39 reik ver en grawe diep. Dit kan as ’n
gewone trekker ook gebruik word, maar wie
wil nou? Daar is genoeg werk op Redberry vir
hom!

Iando Minnie van Carlu Trekkers vertel dat die Millers se doel was om die masjien as gewone trekker in te span en dan net die arms te haak as daar grouwerk gedoen moet word. Hy sê na so ’n jaar se daaglikse gebruik het Mike hom gebel om te sê hy moet hulle net weer een of ander tyd kom wys hoe om die arms af te haal!

Kubota L39 TLB

Mark stem saam: “Dit is net verbysterend vir hoeveel take die L39 ingespan kan word. Ons gebruik dit elke dag op die plaas.”

Die L39 reik ver en grawe diep. Dit kan as ’n gewone trekker ook gebruik word, maar wie wil nou? Daar is genoeg werk op Redberry vir hom!
Die L39 reik ver en grawe diep. Dit kan as ’n
gewone trekker ook gebruik word, maar wie
wil nou? Daar is genoeg werk op Redberry vir hom!

Slote en gate word gegrawe, grond word verskuif, swaar goed word opgelig en aangery en soms word ’n platform aangeheg waarop werkers kan staan om heinings te snoei of herstelwerk aan tonnels te doen.

Ons gebruik hom van ’n sloot- grouer en karweier tot ’n hidroliese hyskraan,” sê Mark.

Die B2420 se knap daaisirkel sorg dat daar geen tyd verspeel word met spuitwerk nie.
Die B2420 se knap daaisirkel sorg
dat daar geen tyd verspeel word
met spuitwerk nie.

Na die L39 het die klein Kubota B2420-trekker van 17,9 kW gevolg om met gemak in die tonnels te kan werk. Die buksie word gebruik vir algemene onderhoudswerk, soos om tussen die rye skoon te hou en die snyer te sleep, spuitwerk te doen en enige ligte vragte op die plaas aan te ry.

Die B2420 se knap daaisirkel sorg dat daar geen tyd verspeel word met spuitwerk nie.
Die B2420 se knap daaisirkel sorg
dat daar geen tyd verspeel word
met spuitwerk nie.

Mark sê met die trekker se klein draaisirkel word daar geen tyd gemors tussen rye en tonnels nie.

Kubota M7040

Die M7040 van 51 kW is bekom om die swaarder werk op die plaas te doen. Aarbeie is ’n eenjaargewas en daar moet dus elke jaar grondvoor- bereiding gedoen en beddings gemaak word. Die trekker werk veral hard van Januarie tot Maart.

Smaller bande laat die M7040 ook toe om geriefl ik tussen die rye te beweeg om take soos spuitwerk te verrig sonder om die aarbeie fl enters te trap.
Smaller bande laat die M7040 ook toe om
geriefl ik tussen die rye te beweeg om take
soos spuitwerk te verrig sonder om die aarbeie
fl enters te trap.

Mark sê die korrekte vorm- ing van die opgeërte beddings (ridges) is noodsaaklik vir aarbeiverbouing en die M7040 het die werk om hulle spesiale beddingmaker te sleep, asook die masjien wat die plastiek oor die beddings uitrol.

Deur smaller bande op te sit, kan die groot trekker ook deur die seisoen tussen die rye beweeg om byvoorbeeld die dwarrelspuit te sleep. Mark sê: “Veral wanneer dit nat en modderig is, is die M7040 van groot waarde, want hy is mos vierwielaange- drewe.”

Eenvoudige werking

Mark sê die grootste pluspunt vir hom is die eenvoudige en gerieflike wer- king van die Kubotas. Met die krag- stuur is dit maklik om te bestuur en klein draaie te maak, en ratwisseling is maklik, gladweg en sonder probleme.

Nog ’n voordeel is die uiters ekono- miese brandstofverbruik. Kubota maak jou werklas ligter sonder om swaarder op die sak te wees.

Ons reeks Kubotas pas pre- sies in ons boerdery in – daar is ’n masjien vir elke taak en ’n taak vir elke masjien,” sê Mark. Die ondersteuning van Iando en sy span by Carlu Trekkers

is ook baie goed en as daar ’n onderdeel benodig word, is dit dadelik beskikbaar. Mark sê: “Ons is tevrede met Kubota en sal nie maklik na iets anders oorskakel nie.

Iando Minnie
Iando Minnie

Carlu Trekkers contact:

Redberry in ‘n kits
Aarbeie word op 13 hektaar van Redberry verbou. Drie van die
hektare word ook gebruik vir buite-seisoen-aanplantings, wat
beteken daar word elke jaar 12 maande lank gewerk. Sowat 400
ton aarbeie word jaarliks geoes. Die aarbeifees op die laaste
naweek in September was vanjaar besonder vrolik met 9 300
besoekers en ‘n propvol program. Niemand kon egter die
2014-aarbei-eetrekord van 1,3 kg aarbeie in 3 minute verbeter nie!

Visit the Kubota website [click Here].

This article was featured in the ProAgri – Oct 2017 and on their website [click here]

This article was featured in FarmTech – March 2018.

For more information please contact Smith Power Equipment on 011 284 2000.

Check out our Facebook page. [click here]