ProAgri - Sep M130

Kies Kubota vir veelsydigheid

Daar is mos nie ’n beter trekker nie,” sê Derick Calitz van Calitz Boerdery in die Suid-Kaap. Hy praat met groot lof van sy reeks Kubota-trekkers wat alles op die plaas doen.

Tot die plaaslike gholfklub kan nie sonder hulle Kubota klaarkom nie!
Tot die plaaslike gholfklub kan nie sonder hulle Kubota klaarkom nie!

Ek het van die heel kleinste tot die heel grootste,” gesels hy. Die kleintjies, dis nou die B- en L-reeks se manne, word veral met oestyd in die wingerde gebruik. Hulle sleep maklik twee ton druiwe. Die groteres, dis nou die M7040’s, word meesal vir spuitwerk gebruik en dan is daar die M130X wat die grond gelyk moet skraap en die skeurploeg moet sleep.

Wat lekker is, is dat die trekkers mos so skerp kan draai – enige ander trekker voel soos ’n ossewa teen hulle. Daarby is almal 4X4 en lekker smal on in die rye te pas – die 7040 is maar net 1,3 meter wyd.

Derick is een van die vele tevrede kliënte van Carlu Trekkers, wat reg oorkant die gholflandgoed, Fancourt, in George, geleë is. Die eienaar, Iando Minnie, vertel dat Carlu Trekkers al sedert 1 Mei 1974 in bedryf is en at sy pa in 1983 die eerste Kubotatrekkers begin verkoop het omdat daar so ’n groot aanvraag na kompakte trekkers in die groentebedryf was, wat destyds ’n groot bedryf in die Suid-Kaap was.

Iando sê: “Ons bedien die area vanaf Joubertina/Stormsrivier in die ooste tot Riversdal / Ladismith / Prins Albert in die weste en Beaufort-Wes in die noorde. Ons gebied het seker die mees uiteenlopende boerdery in die land, so ons kliënte boer met basies ALLES! Dit maak die wye Kubota-reeks perfek vir die gebied.

Saai-, vee-, boord-, wingerd- en selfs tonnelboere geniet Kubota se goeie diens.
Saai-, vee-, boord-, wingerd- en selfs tonnelboere geniet Kubota se goeie diens.

Iando sê die helder oranje Japanse trekkers se betroubaarheid het deur die jare baie bekend geword. “Daar is byvoorbeeld ’n ou L245 wat steeds gebruik word met reeds sowat 22 000 uur op sonder
dat enige groot herstelwerk nodig was!

Die ander groot voordeel wat boere aantrek, is die ekonomiese brandstofverbruik. Dewald Strydom van Giraffe Trust sê hulle bespaar baie brandstof vandat hulle die vloot Kubotas aangeskaf het om in die boorde te werk.

Kubota Kits
Kubota Kits

Bokkie Kritzinger van Tulpieskraal sê die brandstofverbruik het hulle ook aanvanklik getrek, maar hulle baie meer as dit gekry.

Kubota is goeie trekkers. Na 3 000 uur het ons nog geen ander koste as gewone diens gehad nie en ons kry uitstekende diens by die handelaar, met regstreekse kontak met die eienaar. Die trekkers is ook gemaklik vir die operateurs, sodat hulle nie maklik moeg word en dan foute maak nie.” Net so belangrik soos diens vir die boer is, so belangrik is die verhouding tussen die handelaar en sy verskaffer. Smith Power is die maatskappy wat Kubota invoer.

Die manier waarop Smith Power ons hanteer, soos vriende en vennote, is baie spesiaal en maak ’n mens lus om met hulle sake te doen,” vertel Iando. Hy sê wat onderdele aanbetref het Smith Power ’n reuse voorraad en hulle spog ook met die vinnigste verskaffing van onderdele van alle trekkerfabrikate in Suid-Afika.

Iando sê dit is ook nie waar dit ophou nie. Kubota se mense kom tot van Japan af om ondersteuning te gee. “Ons het verlede jaar die hoofingenieur van die M40-boordreeks by ons gehad, wat toe saam met ons na die plase gegaan het om sy produkte te sien werk en te bepaal hoe en waar dit gebruik word en hoe om dit nog verder te verbeter om die boer te pas.

Waarmee werk die boere in die Suid-Kaap?

Die hele reeks word gebruik, sê Iando, maar daar is ’n paar topverkopers.

In die wingerde word die B2420 en L3200 die meeste gebruik vir take soos uitry, aanry, onkruidbespuiting en oesbeskerming. In die boorde kraai die M7040DTN en M8540DTN veral koning, omdat dit perfek werk vir spuitwerk tussen die bome en genoeg krag het om groot waaierspuite teen die hellings uit te sleep.

Vir alles wat gegrawe, opgetel of geskuif moet word, word die L45 en BX25 TLB’s gebruik en daar is nie sommer ’n Kubota-plaas sonder ’n RTV (rowweterreinvoertuig) nie!

Iando sê: “Kubota is werklik ’n wonderlike produk om te verkoop, en elke nuwe Kubota wat ons verkoop werf nog nuwe kliënte! As ’n boer eers ’n Kubota het, koop hy nie sommer weer ’n ander produk nie.

Click here for Carlu Trekkers Facebook website. 

Iando Minnie
Iando Minnie

Address: 15 Montagu Street, Blanco
Telephone: 044 870 7660
Fax: 044 870 8433
E-Mail: iando@carlutrekkers.co.za
Contact: Iando Minnie

This article was featured in the ProAgri – Sep 2016.

This article was featured in the AgriSA – Oct Nov 2016.

For more information please contact Smith Power Equipment on 011 284 2000.

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]