IMG-20160519-WA0033

‘n Klein trekker met ‘n groot hart

Die ratse klein oranje trekkertjie, Kubota, is lank nie meer ‘n nuutjie in Suid-Afrika nie. En dit is nie net in die vrugteboorde van die Wes-Kaap waar dié trekker ‘n bekende gesig is nie. Jy loop hom deesdae ook dikwels raak tussen die suikerrietplantasies van KwaZulu-Natal en in die groentelande van Limpopo.

Klein Hendrik Fouché van Wolmaransstad het by Nampo kom kyk waaroor die Kubota-bohaai gaan.
Klein Hendrik Fouché van Wolmaransstad het by
Nampo kom kyk waaroor die Kubota-bohaai gaan.

Kubota se kleiner modelle is veral gewild onder vrugteboere in die Wes-Kaap omdat die trekker besonder skerp kan draai. Dit spaar tyd. Kubota se brandstofverbruik is ook besonder doeltreffend en boere kan tot 20% op brandstof teenoor ander trekkers bespaar as hulle hulle storie ken, sê Robert Keir, bemarkingsbestuurder van Kubota Suid-Afrika. “Ons spog met Japannese meganiese vernuf.

Wat meganika en onderdele betref, hou ons kers vas met die beste in Suid-Afrika. Kubota en gehalte is sinoniem en boere kan gerus wees dat hulle net die beste koop,” sê Keir.

Robert Keir (bemarkingsbestuurder van Kubota SA), Deon Engelke (nasionale bestuurder van Kubota SA) en Leonard Engelke (algemene bestuurder van Kubota SA in die Wes-Kaap)
Robert Keir (bemarkingsbestuurder van Kubota SA),
Deon Engelke (nasionale bestuurder van Kubota SA) en
Leonard Engelke (algemene bestuurder van Kubota SA in
die Wes-Kaap)

Kubota Suid-Afrika het die laaste drie jaar heelwat nuwe takke en verskaffers regoor die land gevestig en onderdele en diens is deesdae oral beskikbaar. Daar is ook heelwat gedoen om die Kubotahandelsmerk te vestig en uit te brei, sê Keir.

Die Kubota-korporasie het reeds in 1890 in Japan tot stand gekom en sedertdien is dit ‘n bekende handelsmerk regoor die wêreld vir toerusting in die landboumark. Kubota was onder meer een van die eerste vervaardigers van landboutoerusting wat die gesogte Demingtoekenning vir vervaardiginguitnemendheid ontvang het.

Kubota het in die vroeë sewentigerjare vir die eerste keer voet aan wal in Suid-Afrika gesit. Kubota-produkte word in Suid-Afrika deur Smith Power Equipment versprei.

This article was featured in the AgriSA – June July 2016.

For more information please contact Smith Power Equipment on 011 284 2000.

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]