IMG-20160518-WA0027

Kubota: Hierdie is die eeu vir hidrostatiese tegnologie

Die swakste skakel in ’n trekker is die koppelaar en vooras.” Dit is die mening van Deon Engelke, die produkbestuurder van Smith Power wat Kubota-produkte invoer. “Ek is al 35 jaar in die trekkerbedryf en sê altyd vir kliënte, my werkswinkel sou altyd leeg gestaan het, as dit nie daarvoor was nie…

Tom Bloom is die algemene bestuurder van Kubota se konstruksieafdeling. Hy wys hoe lekker gemaklik kan ’n boer agter die stuur van die U-50 vyftonslootgrawer sit terwyl alles wat in die pad is weggevat kan word.
Tom Bloom is die algemene bestuurder
van Kubota se konstruksieafdeling. Hy
wys hoe lekker gemaklik kan ’n boer
agter die stuur van die U-50 vyftonslootgrawer
sit terwyl alles wat in die pad is
weggevat kan word.

Ons moet onthou dat enjins, ratkaste en ewenaars ook breek, maar baie minder gereeld. Tweedens is daar niks fout met die beginsel van ’n koppelaar nie, maar onopgeleide operateurs laat die koppelaar maklik brand, veral as die trekker verkeerd aangewend word.

Kubota het oor die afgelope aantal jaar besluit om die probleme by die horings te pak en uiteindelik hidrostatiese tegnologie so verfyn dat ’n Kubotaboer, -operateur en die plaas se werktuigkundige se gemoedere vrolik en hulle hande skoon sal bly. Vanjaar kon Deon en sy span dus al die besoekers by hulle NAMPO-uitstalling verseker dat hulle trekkers, nutsvoertuie en slootgrawers se ratwisseling in olie plaasvind, sodat hulle baie langer deur voortdurende stop- en rybewegings kan werk. ’n Nuwegenerasie Kubota se vooras is ook solied en die ewenaar sit in die wiele, wat die stremming op die vooras baie verminder.

’n Slootgrawer sonder stertswaai

Kubota het ’n opwindende nuwe minislootgrawer minislootgrawer wat versigtig tussen delikate bome en pype op veral suikerriet en makadamiaplase kan werk. “Ons het twee opsies, die drieton- en vyftonmodel. Die vyftonner word veral in die landbou gebruik omdat dit so kompak is en baie min brandstof gebruik. Die vyftonner werk teen vier tot vyf liter per uur, teenoor die 20 tot 30 liter ’n uur wat die tradisionele groot slootgrawers verbrand,” sê Tom Bloom, algemene bestuurder van Kubota se konstruksieafdeling.

Die ander slim ontwerp in ’n Kubota se U-30 slootgrawer is dat die buksies geen ‘stertswaai’ het nie, wat beteken dat die kajuit se agterkant nooit verby die spore sal draai om vrugtebome of boordpale te beskadig nie. Kubota bou ook ’n wye verskeidenheid aanhegstukke vir verskillende landbousektore.

’n Laaigraaf-grawer met meer woema

Kubota se TLB L39 met sy 39 perdekrag (29 kilowatt) is baie gewild en meer as 1 200 van hierdie eenhede werk al fluks oral in die land. Kubota se NAMPO-verrassing was die bekendstelling van die groter en sterker L45 wat met 34 kilowatt spog. Die L45 lyk presies soos sy voorganger, maar spog nou met ’n hidrostatiese ratkas en ’n kruipfunksie wat die operateur in staat stel om aan te hou werk terwyl die trekker vorentoe beweeg. “Die trekker is baie gesofistikeerd, maar steeds eenvoudig gebou sodat dit maklik gebruik kan word,” sê Deon.

Deon Engelke, produkbestuurder en Robert Keir, bemarkingsbestuurder van Smith Power is baie in hulle skik met die splinternuwe L45 wat hidrouliese olie seepglad deur sy are laat vloei om te grawe en te laai dat dit klap.
Deon Engelke, produkbestuurder en
Robert Keir, bemarkingsbestuurder van
Smith Power is baie in hulle skik met die
splinternuwe L45 wat hidrouliese olie
seepglad deur sy are laat vloei om te
grawe en te laai dat dit klap.

Rygerief vir ’n rowweterreinvoertuig

Kubota het vir die vierwielaangedrewe RTV X900 ‛n splinternuwe baadjie aangetrek wat meer vaartbelyn as sy voorganger, die RTV 900 vertoon.

Robert Keir en Deon Engelke kon dadelik agterkom dat die nuwe RTV X900 se onderstel gebou is om ’n boer se lyf vir lang ure oor heuwels en slote te beskerm.
Robert Keir en Deon Engelke kon
dadelik agterkom dat die nuwe RTV
X900 se onderstel gebou is om ’n
boer se lyf vir lang ure oor heuwels
en slote te beskerm.

Onder sy baadjie is sy onderstel en binneruim ook verander vir beter rygerief en ’n sterker konstruksie. Die rowweterreinvoertuig kan met gemak 755kg in sy bak laai en ’n spuit of sleepwa van 590 kg trek.

Kubota het oor die afgelope 125 jaar net van krag tot krag gegaan en bou vandag hulle produkte in 16 fabrieke regoor die wêreld. Hulle kan elke twee minute ’n trekker aan hulle globale mark lewer. Nadat Suid-Afrika ’n ruk gelede hulle 500-eenhede-per-jaar-kerf verbygesteek het, stel die Japanese nou belang om baie meer in Suid-Afrikaanse boere te belê met diens en ondersteuning.

This article was featured in the ProAgri – July 2016 and also on their website [Click Here]

For more information please contact Smith Power Equipment on 011 284 2000.

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]