Dries Erasmus

Kubota kan ’n plan maak

Kubota “Dit gaan veral oor sy hyser en omdat hy so maklik kan draai om goed vas te vat en op te lig.” “Hy lyk klein en lig, maar hy het baie meer perde onder die kap as wat ’n mens verwag.

Dit is nie net boord-, groente- en saaiboere wat die voordele van Kubota se wye reeks trekkers hoef te geniet nie – beesboere kan gerus ook nader staan as hulle doeltreff end wil werk en brandstof wil bespaar.
Dit is nie net boord-, groente- en saaiboere wat die voordele van Kubota se wye reeks trekkers hoef te geniet nie – beesboere kan gerus ook nader staan as hulle doeltreff end wil werk en brandstof wil bespaar.

Hy sleep die onkruiddoderkar sonder enige probleme, selfs teen opdraendes en kan gemaklik by die een ry uit en die volgende ry in beweeg.” Dit is ’n paar van die eienskappe van Kubota wat verduidelik waarom boere in die verre noordelike dele van die land toenemend na dié oranje trekkerwerksmag kyk om veelsydige oplossings te bied.

Dries Erasmus van VK Trekkers en Implemente langs die Pietersburg-Louis Trichardt-pad sê: “Ons beste verkopers in die gebied is boordtrekkers soos die M8540-kajuittrekker en dan ook die L4100, asook ons gewone M8540 en M9540.

Kubota storm deur die noorde! Die Kubota M8540 en M108 wys wat hulle kan doen by ’n boeredag.
Kubota storm deur die noorde! Die
Kubota M8540 en M108 wys wat
hulle kan doen by ’n boeredag.

Boere in die streek wat Dries en sy span bedien, boer met ’n wye verskeidenheid produkte. Daar is sitrus-,avokado- en neutboorde, tamatie- en ander groentelande, soetrissies in tonnels, uitgestrekte aartappellande en natuurlik beeste.

Die veelsydigheid van Kubota se reeks trekkers beteken dat daar ’n oplossing vir elke plaas en elke soort boerdery is. Dries sê in die nethuise word produkte al hoe nader aan mekaar geplant om meer rye in te pas en boere word gedwing om na al hoe kleiner trekkers en spuite te beweeg. Kubota se reeks boordtrekkers met hulle smal lywe is klein, maar hulle is regte trekkers en kragtig genoeg om die werk te doen.

Mannetjie Storm is een van die boere in die omgewing wat van Kubota-trekkers en Rowweterreinvoertuie gebruik maak vir ’n verskeidenheid werk op die plaas. Die drie M9540’s word in die ooplande gebruik en spuiten oeswerk en in die soetrissie-nethuise het die klein L4100 (38 kW) pas aangesluit by die M8540-kajuittrekker om die spuitwerk te hanteer. Volgens Mannetjie werk dit baie goed.

Met so ’n oranje vloot is Mannetjie Storm, een van VK Trekkers en Implemente se tevrede kliënte, gereed vir enige gebeurlikheid.
Met so ’n oranje vloot is Mannetjie Storm, een van VK Trekkers en Implemente se tevrede kliënte, gereed vir enige gebeurlikheid.

Dries sê: “’n Groot voordeel van Kubota is die hidrouliese natkoppelaar, die z-dryf aan die vooraste wat kleiner draaisirkels gee, die hoër grondvryhoogte, die hulpsilinders aan die kleiner trekkers se hysers vir swaar vragte en die waterlose Evans-stelsel wat die enjin vir ’n leeftyd skoon en korrosievry hou sonder enige vloeistofdruk in die stelsel.

Boord- en wingerdboere vertrou reeds lankal op Kubota, maar selfs aartappelboere in die noorde begin ook verstaan wat die voordele van hierdie voortreflike trekkers is. Daan du Plessis plant aartappels in die verre noorde, naby die Limpoporivier, en hy sê hy gebruik sy M8540 se voorhyser om massasakke aartappels in die land te lig en te laai en vir enige ander algemene sleep- en hyswerk op die plaas.

Volgens Dries is dit nie waar dit hoef te stop nie. “Ons kan aartappelboere help deur hulle sleepwatrekkers wat aartappels na die store vervoer, te vervang met natkoppelaartrekkers soos die Kubota M7040 en M8540 wat baie langer gaan hou, maar daar is ook die grootmeneer in die reeks, die M130X wat baie doeltreffend en ekonomies werk vir hulle 4-ryplanters en groot uithalers.”

Die M130X het ’n 6,1-literenjin met regstreekse drukbuisinsputing en ’n turbo-aanjaer met interverkoeling. Dié kragman lewer 96,9 kW en 84 kW op die kragaftakker.

Dries sê nog ’n man wat ’n verskil kan maak op ’n aartappelplaas, is die M9540 met sy hoë grondvryhoogte, wat baie meer bekostigbaar sal wees as ander trekkers in die klas en met boonop die voordele van die vol hidrouliese natkoppelaar, die kleiner draaisirkel en die voorgemonteerde hyser.

Die hele familie by VK Trekkers en Implemente, Dries en sy vrou, Hilda, hulle dogter Zilla Dercksen en die manne in die veld soos Chris Dercksen, Muis Thornhill en die tegniese man, Wimpie Venter, is geesdriftig oor Kubota se produkte en dit is geen wonder dat hulle onder een van die Top Tien Kubota-handelaars gereken word nie.

Dries Erasmus
Right Dries Erasmus

Dries sê: “By ons gaan dit oor diens. Die goeie verhouding wat ons met Kubota as verskaffer het, maak dit makliker om boere te help met die regte raad, diens en onderdele.

Kubota Polokwane

Address: 32 Palmietfontein, Polokwane, 0699
Telephone: 087 751 2538 / 082 941 0680
Fax: 086 609 9689
E-Mail: dries@valtralimpopo.co.za
Contact: Dries Erasmus

This article was featured in the ProAgri – May 2016.

For more information please contact Smith Power Equipment on 011 284 2000.

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]