M9540 High Clearance

Kubota se nuwe modelle gaan boere se lewe makliker maak

Kubota het by NAMPO Oesdag twee nuwe modelle bekendgestel
wat beloof om boere se lewens aansienlik te vergemaklik.

B2650
B2650

Die B2650 is ‘n hidroustatiese trekker wat bemarkingsbestuurder, Deon Engelke, glo die toekoms van landbou in Suid-Afrika gaan verander. Dit is reeds ‘n groot gunsteling in lande soos Ierland. Die trekker word deur hidrolika aangedryf en het geen koppelaar of ratte nie. Die voordeel is dat daar nie ‘n beperking op die trekker se spoed is nie en dit kan dus teen enige spoed werk.

Die B2650 is uiters operateursvriendelik en is veral geskik vir vrugteprodusente. Die trekker rem vanself en kan baie vinniger vorentoe en agtertoe beweeg. Dis ideaal geskik vir klein spasies soos binne kwekerye. Omdat die trekker “sagter” wegtrek en stop, is daar minder kans dat vrugte tydens die vervoerproses kan beskadig. Dis ‘n probleem met tradisionele trekkers wat oor ‘n koppelaar beskik en dikwels rukkerig beweeg.

Die trekker is ‘n raps duurder as soortgelyke modelle maar die onderhoudskoste is baie laag. Daar is nie ‘n koppelaar wat teen opdraandes en afdraandes verniel nie. Bestuurders hoef ook nie intensiewe opleiding te ondergaan om die trekker te bestuur nie.

M9540 High Clearance and Deon Engelke
M9540 High Clearance and Deon Engelke

Die M9540, ook ‘n hidrouliese koppelaar, is met of sonder ‘n kajuit beskikbaar. Die groot voordeel van dié “high clearance”- model is dat dit besonder kort kan draai.

Dié trekker kan draaityd met tot die helfte verkort. Die grondvrye hoogte is 600 mm. Die kajuit is luuks en beskik oor lugreëling wat ‘n groot pluspunt is wanneer gif gespuit word. Die dryfkas is buite sig wat beteken dat dit nie sommer beskadig kan word nie. Die M9540

is toegerus met ‘n hidrouliese koppelaar asook ‘n sterk hyserstelsel wat tot 1 000 liter gif met gemak kan lig. Die trekker verlig ook die areas weerskante van die trekker, wat dit ideaal vir nagwerk maak. Gaan maak dus ‘n draai by jou naaste Kuboto-handelaar en gaan maak kennis met die nuwe modelle.

This article was featured in the AgriSA – June 2015.

This article was featured in the SA Graan – August 2015.

This article was featured in the FarmTech – Nov 2015.

For more information please contact Smith Power Equipment on 011 284 2000.

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]