Met die oranje span agter ons is die lewe
mos maklik, sê almal op Frik van Rooyen
se plaas naby Lichtenburg.

Kubota presteer sy pad oop

Oranje gaan een van die dae nie meer ’n vreemde kleur in Lichtenburg se wêreld wees nie voorspel Frik van Rooyen, bekende mielieboer in die streek. “En jy hoef nie, soos ek, vir die Vrystaat te skree om waardering vir Kubota se tegniek te hê nie,” spot hy.

Lig ’n groot vrag met ’n groot glimlag met hierdie vinnig-aanhaak laaigraaf van Kubota.
Lig ’n groot vrag met ’n groot
glimlag met hierdie vinnig-aanhaak
laaigraaf van Kubota.

Frik het onlangs drie van Kubota se nuwe kragtige M130X-trekkers plaas toe laat kom om die trekkergeledere te versterk. Die Kubotatrekkers se krag en hanteerbaarheid het hom verbaas.

Hy staan nie terug vir enige ander trekker nie,” sê Frik. Jaco Van Zyl, trekkeroperateur op die plaas, stem saam: “Hy lyk klein en lig, maar hy het baie meer perde onder die kap as wat ’n mens verwag.

Voeg daarby sy perfekte gewigsverspreiding wat sorg dat elkeen van sy vier wiele deurgaans volle beurkrag lewer, en jy staan verstom oor wat hierdie bultrekker kan vermag. Die M130X se sukses begin met sy 6,1-literenjin met regstreekse drukbuisinsputing en ’n turbo-aanjaer met interverkoeling. Dié kragman lewer 96,9 kW en 84 kW op die kragaftakker.

3x Kubota M130x
3x Kubota M130x

Die M130X vervang die M128X as die grootste trekker in die Kubota-reeks. Anton Badenhorst van Cerealis, die Kubota-handelaar in die Lichtenburg-omgewing, meen dat al hoe meer mielie- en veeboere die nut van die oranje span op die plaas gaan insien. Kubota is lank nie meer net koning in boorde en wingerde nie.

Frik sê hy het ’n M130X gebruik om te plant en hy verklaar dat die trekker ’n sesryplanter met gemak kan hanteer. Ander take op die plaas waarvoor hy sy Kubota’s inspan is om die rolbaler en kuilvoerkerwer te sleep, die tapkar aan te ry in strooptyd, te help met kalken misstrooi en om die spuit te sleep.

Met die oranje span agter ons is die lewe mos maklik, sê almal op Frik van Rooyen se plaas naby Lichtenburg.
Met die oranje span agter ons is die lewe
mos maklik, sê almal op Frik van Rooyen
se plaas naby Lichtenburg.

Wat ook baie lekker is, is dat Kubota sy eie laaigraaf het wat met ’n envoudige kliek-klak aanhaak. Dit neem letterlik twee minute om die LA2253 te haak.

Die laaigraaf hanteer massasakke, voer en enigiets anders op die plaas wat geskep en gelig moet word. Hy kan 2 ton tot 3,8 m hoog lig. Die nuwe trekkers is nie die eerste spoor wat Kubota op die plaas trapnie. Kubota se rowweterreinvoertuig (RTV900 4X4) wys alreeds vir ’n geruime tyd sy waarde.

Frik sê hy doen ’n bakkie se werk sonder om eers naastenby ’n bakkie se diesel te gebruik. Met die RTV kan hulle in ’n japtrap enige plek op die plaas bereik, ook die kampe met vleiweiding, en met sy vermoë om vrag te dra, kan enigiets van voer tot vuurvegters aangery word tot waar dit nodig is.

FD Jooste, ook ’n operateur op die plaas, sê wat hom veral van die M130X beïndruk is die maklike hanteerbaarheid, die klein draaisirkel en indrukwekkende konstante kraglewering.

Tegnologies is Kubota so gevorderd as wat die grootste, duurste trekker maar kan wens om te wees en alles aan hom is daarop bereken om die boer ten beste te dien: moderne drukbuis-inspuiting wat groot krag vir min diesel verseker, ultrakort-draaivernuf, gerieflike armleuningbeheer en agtspoed Powershift-transmissie maak van die M130X enige ernstige boer se droom.

Die trekkers is ook ten volle gereed vir presisieboerdery. Volgens Frik is die groot pluspunt van Kubota dat dit ’n volledige Japanese produk is wat oral in die wêreld erkenning en selfs bewondering geniet. Hy sê dit is tyd dat Suid-Afrika se boere, net soos hulle Amerikaanse en Europese eweknieë, aan Kubota die ondersteuning gee wat hy verdien.

Die RTV900 het die eerste Kubotaspoor op die plaas oopgetrap.
Die RTV900 het die eerste
Kubotaspoor op die plaas oopgetrap.

’n Baie belangrike voordeel wat Kubota die boer bied, is die toegewyde diens aan boere regoor die land, wat verseker dat ’n Kubota nooit hoef te staan wag op ’n werktuigkundige of ’n onderdeel nie. Vir Kubota se mense is diens nie ’n woord nie, maar ’n daad.

Boere kan gerus vir Anton Badenhorst van Cerealis kontak by 083-381-1907 of anton@cerealis.co.za om te hoor hoe die oranje span hulle kan help. Besoek www.kubotasa.co.za vir meer inligting oor die hele reeks wat in Suid-Afrika beskikbaar is.

This article was featured in the PROAGRI – MARCH 2015

For more information about Kubota contact Smith Power on 011 284 2000

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]