20141009_143045

Die Narrow bied ’n ruim ervaring

Die deurlopende omsetgroei wat Carlu Trekkers van George sedert 2010 met Kubota-trekkers ervaar het, bevestig andermaal die opgang van dié Japanse trekker in Suid-Afrika.

Kubota-trekkers is bitter goed,” sê Iando Minnie, mede-eienaar van Carlu Trekkers. “Ek weet nie van ’n enkele boer in ons gebied wat al na ’n ander fabrikaat oorgeskakel het as hy eers Kubotas begin koop het nie.

Iando Minnie, Wally Bergmann, Deon Engelke en Tallie Giessing.
Iando Minnie, Wally Bergmann, Deon Engelke en Tallie Giessing.
Carlu Trekkers Logo
Carlu Trekkers Logo

In die Joubertina-omgewing is daar byvoorbeeld twee groot Kubota-aanhangers wat reeds 37 Kubota-trekkers tussen hulle besit. “Hulle is begeesterde Kubota-gebruikers, soos mens uit dié syfers kan aflei,” sê Minnie. “Dié trekkers is uiters betroubaar en hul dieselverbruik is strate beter as hul mededingers s’n. Ons praat van minstens 20% beter, wat op ’n groot plaas ’n aansienlike besparing van honderde duisende rande per jaar kan beteken.

Op ’n ander plaas naby die George-lughawe het die getal Kubotas reeds tot 13 aangegroei, “Van die gewildste Kubotas in ons gebied, waar omtrent enigiets verbou word, is die M8540 Narrow CAB en die M7040 Narrow. Dit is uitnemend geskik vir werk in beperkte spasies en nou rye. Boere gebruik die Narrow in hul wingerde, in die hops-rye, appelboorde en vir hul bloubessies, om maar enkeles te noem.”

M8540 Narrow
M8540 Narrow
M8540 Narrow
M8540 Narrow
M8540 Narrow
M8540 Narrow
M8540 Narrow
M8540 Narrow

Van die vele pluspunte van die M8540 Narrow CAB is sy gerieflike kajuit, met uitstekend geplaasde hefbome en knoppies en puik lugreëling, sê Minnie. “In temperature wat soms tot 50°C haal, bly dié trekkers eenvoudig komkommerkoel.

Een van die M8540 Narrow CAB se uitstaande eienskappe is sy Bi-Speed Turn-tegnologie. “Wanneer die voorwiele ’n draai van meer as sowat 35º moet maak, roteer dit byna twee keer vinniger as die agterwiele, wat dan ’n gladde, stewige draai met ’n baie kleiner draaisirkel moontlik maak. Dit beheer soos ’n droom en maak dit vir die operateur maklik om die draai met gemak te voltooi.
Ander eienskappe wat die M8540 Narrow CAB en ander Kubotas in die reeks gewild maak, is:

Bi-Speed
Bi-Speed
  • Die ontwerp is kompak, goed deurdink en logies. Die hefbome is byvoorbeeld só geplaas dat lae takke nie ’n probleem is nie.
  • Die ontwerp van die kajuitglas bied aan die operateur meer spasie en beter sig.
  • Die revolusionêre E-CDIS-enjin maak meer krag, groter duursaamheid, beter brandstofverbruik, laer vibrasies en laer geraasvlakke moontlik.

Vir Carlu Trekkers en ander Kubota-handelaars is al dié eienskappe ’n belangrike bondgenoot wat verkope betref,” sê Minnie. “Ons verkoop wel nie veel onderdele nie want van probleme is daar nie veel sprake nie…

Die gewilde Kubota-trekker word in Suid-Afrika deur Smith Power Equipment versprei, wat verseker dat dié voortreflike Japanse tegnologie en betroubaarheid aan meer en meer SA boere bekend raak.

This article was featured in Farm Tech -March April 2015.

This article was featured in AgriSA – Feb March 2015.

Click here for Carlu Trekkers Facebook website. 

Address: 15 Montagu Street, Blanco
Telephone: 044 870 7660
Fax: 044 870 8433
E-Mail: iando@carlutrekkers.co.za
Contact: Iando Minnie

For more information about Kubota contact Smith Power on 011 284 2000

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]