David Roelofse, onderdeleverkoopsman, Deon Engelke, van Kubota, en
Leonard Engelke, direkteur van Ursus is net so gereed soos hulle nutsvoertuie
om ’n boer se uitdagings die hoof te bied.

Doen net wat jy wil met Kubota se flukse werkesels

Die eerste gedagte wat deur ’n leek se kop gaan as hy ’n boer op ’n nutsvoertuigie voor sy opstal sien stilhou, is dat sake in die landbou besonders goed moet gaan as daar soveel geld en tyd is vir pret en plesier, maar die waarheid is dat ’n goeie, betaamlike boer deurlopend planne moet maak om die kosteknyptang se bek oop te hou.

David Roelofse, onderdeleverkoopsman, Deon Engelke, van Kubota, en Leonard Engelke, direkteur van Ursus is net so gereed soos hulle nutsvoertuie om ’n boer se uitdagings die hoof te bied.
David Roelofse, onderdeleverkoopsman, Deon Engelke, van Kubota, en
Leonard Engelke, direkteur van Ursus is net so gereed soos hulle nutsvoertuie
om ’n boer se uitdagings die hoof te bied.

Met ’n dieselprys wat al lankal deur die dak is en steeds styg, het Kubota die antwoord, want hulle RTV 1140 kan in goeie omstandighede teen so min as 1 liter diesel per werksuur al die logistiese take op die plaas afhandel. En hy loop waar niks anders kan nie, want RTV staan immers vir rowweterreinvoertuig. “Dit is veral die skaapboere in die Wes-kaap wat baat vind by die voertuie,” sê Leonard Engelke, direkteur van Kubota in die Wes-Kaap. “Ek het onlangs ’n hele paar van die RTV’e aan hulle verkoop. Die lopende koste is so laag dat die boere nou met geruste harte, gereeld na hulle mees afgeleë kampe toe ry om deeglik skaap te werk.”

Leonard Engelke
Leonard Engelke

Die ontwerp van Kubota se rowweterreinvoertuie is op hulle trekkertegnologie gegrond en bo en behalwe dat hulle net so hard en taai soos Kubotatrekkers is, “is ons nutsvoertuie ook die enigstes wat soos ons trekkers met ’n hidrostatiese ratkas werk. Waar stof en modder die aandryfbande van ander nutsvoertuie laat glip, is Kubota se hidrostatiese aandrywing binne-in ’n geslote eenheid en terwyl nutsvoertuie se koppelaars en remme stadig maar seker weggevreet word as daar rem getrap en ratte gewissel word, rem ons nutsvoertuie deur die hidrouliese ratte stadiger te laat werk,” sê Leonard.

Die hidrouliese-ratkastegnologie laat ook ’n rewolusionêre “stadigryfunksie” toe, waar die RTV teen ’n slakkepas vorentoe kan beweeg vir jagters wat bokke nader of sekuriteteitswagte wat plaasgrense moet bespied. Maar die RTV kan ook teen ’n spoed van 40 kmpu seepglad teen heuwels op- en afry vir haastiger werk.

“Wanneer boere die RTV met ’n plaasbakkie vergelyk, word hulle in meer as een geval aangenaam verras sodra hulle die konsep verstaan. Eerstens het die RTV ’n 4X4-funksie met ’n ewenaar en sien dus kans vir ruwer terreine as ’n bakkie. Hy is eenvoudig en sterk gebou vir plaaswerk en kan driekwarttonvragte in sy 0,53 kubieke meter bak baie ver aanry, of vuurvegters so swaar as 590 kg soos blits na ’n veldbrand sleep. Hy het twee hidrouliese koppelpunte en ’n stewige haak waaraan jy spuite vir moeilike kontoere spuit, of grondwerktoerusting vir kleiner bewerkingstakies kan koppel.

Een-twee-drie en jy het jou langbak nutsvoertuig in ’n kortbak dubbelkajuit omgeskakel.
Een-twee-drie en jy het jou langbak nutsvoertuig in ’n kortbak dubbelkajuit
omgeskakel.

“Ons het bevind dat daar meestal twee of meer werkers na ’n werkspunt gestuur moet word om ’n taak af te handel en met ’n vierwielmotorfiets is dit ongerieflik en boonop tydrowend om ’n sleepwa te haak vir toerusting of gereedskap saampiekel. Wanneer ’n gif- of saadagent kom inloer, kan hy en die boer nou met die RTV ook heel beskaafd en gemaklik langs mekaar sit terwyl daar blitsig na die land onder bespreking gery word,” sê Leonard. “Boere verbind gewoonlik tegnologie met elektronika wat ’n kopseer op ’n plaas kan wees as dit moeilikheid gee. Kubota wil graag die verband tussen vooruitgang en hidroulika skep, wat ’n baie veiliger en eenvoudiger tegnologie is,” sê Leonard.

Skakel hoofkantoor by 011-284-2000 om te hoor wat jy alles ekstra kry as jy in Kubota begin belê. Besoek ook www.kubotasa.co.za vir meer inligting oor Kubota se volledige reeks nuttige produkte.

Article that went into the PROAGRI – NOV 2014.

Check out our facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]