Tractor Warehouse

Dié trekker ‘hou vir ewig’

Toe Victer Kerslake enkele jare gelede die eerste keer met Kubota-gehalte en -werkverrigting te doen gekry het, het hy onmiddellik geweet dat hy ’n wenner beet het.

Victer Kerslake
Victer Kerslake

Ek het daar en dan besluit dat ek ten alle koste dié trekker moet hanteer,” sê Kerslake, eienaar van Tractor Warehouse. “Ons
onderneming se verbintenis met Smith Power Equipment, die plaaslike verskaffer van die Kubota-trekker, duur nou reeds drie jaar.”
Vandag hanteer Tractor Warehouse, wat takke in Vereeniging, Groblersdal, Middelburg en Bapsfontein het, ook ander bekende
handelsname van Smith Power, waaronder PolarisLinhai en Kipor. “Maar as ons trekkersake gesels, sal jy my geesdrif vir die Kubota moeilik kan demp.”

Tractor Warehouse
Tractor Warehouse

Ongelukkig beteken sulke gehalte dat Tractor Warehouse se werkwinkels selde ’n Kubota op die vloer het, lag Kerslake. Kerslake sê as ’n Kubota handelaar eers ’n voet in die deur gekry het waar boere langtand ander fabrikate as hul voorkeurtrekkers aanvaar, is sy kop deur. “Soos in die Groblersdal- en Marble Hallgebiede, waar baie boere reeds dekades lank dieselfde soort trekkers gebruik. As hulle egter eers een Kubota aangeskaf het, kan jy hul geesdrif oor die trekker moeilik demp.”

Een boer in dié omgewing het tot onlangs nog 25 trekkers van verskillende fabrikate op sy grond gehad en, nadat hy in die afgelope
jaar 12 Kubotas by Tractor Warehouse gekoop het, besluit om vorentoe sy hele trekkervloot na Kubotas om te skakel. “Jy sal moeilik
’n beter getuigskrif van enige trekker kry,” verseker Kerslake.

Victer Kerslake and Brendan Budden
Victer Kerslake and Brendan Budden

Boere koop meestal die Kubotas van 64-100 kW sterk, maar sommiges verkies groter trekkers. “Ons het dit oorweeg om ook ’n ander fabrikaat te hanteer ons kliënte hoor dat daar ’n groter reeks
Kubotas aan die kom is, het hulle gesê dat hulle liefs daarvoor sal wag.” Wat Smith Power Equipment se diens betref, is dit onberispelik, sê Kerslake. “Hulle belowe nie net nie maar sorg dat dinge blitsig en deeglik gedoen word.” Inruilpryse is ook uitstekend.

Tractor Warehouse Team
Tractor Warehouse Team

“As jy ’n boer kry wat ’n Kubota wil verkoop – wat selde gebeur – kry hy gewoonlik ’n stewige bedrag daarvoor. Ons het onlangs een Kubota wat 6 000 ure gewerk het en uitstekend daar uitsien, vir ’n paar honderd rand meer ingeruil as wat sy eienaar enkele jare gelede daarvoor betaal het. Dan sit jy ook nie as handelaar daarmee opgeskeep nie: dit word maklik deur ’n ander Kubota-liefhebber opgeraap. Ek sê weer: hulle hou vir ewig en boere begin dit ál meer besef.”

Kontak Victer Kerslake van Tractor Warehouse 083 445 9466 vir meer besonderhede.

AgriSA – Oct 2014

Check out our facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]