DSCN1557

Kubota se onderdele en nasorgdiens maak boere se lewe maklike

Kubota se onderdele en nasorgdiens maak boere se lewe makliker

‘n Nuwe trekker is altyd goeie nuus op ‘n plaas, maar as onderdele nie geredelik beskikbaar is nie, kan dit boere met die hande in die hare laat. “Dit is waarom Smith Power seker maak dat ons onderdelenetwerk soos ‘n geoliede masjien regoor Suid-Afrika funksioneer. Die geheim is goeie kommunikasielyne tussen boere, ons vele handelaars en met Smith Power se hoofkantoor in Johannesburg,” sê Maartin Vermaak, onderdele-aankoper van Smith Power.

DSCN1613

Smith Power is oorspronklik in 1969 gestig en is sedert 2000 die enigste Suid-Afrikaanse maatskappy wat Kubota-trekkers, -dieselengins, -snyers en -nutsvoertuie na Suid-Afrika invoer. “Dit is dalk maklik om ‘n nuwe trekker of dieselenjin aan ‘n boer te verkoop, maar wanneer daardie trekker of enjin moet werk en ‘n onderdeel die gees gee, is dit ewe belangrik dat die onderdeel vinnig vervang moet kan word.Ons maak van sowat 55 verskaffers landswyd gebruik om ons onderdele in voorraad te hou sodat boere sonder moeite onderdele kan vervang en nie dae daarvoor moet wag nie,” sê Vermaak.

DSCN1624

Ons is trots daarop dat ons nie net met onderdeelbeskikbaarheid van sowat 92% spog nie, maar ons bied ook onoortreflike nasorgdiens. Dit maak net sin om jou Kubota splinternuut te hou met egte Kubota-onderdele.

Kubota-onderdele word ontwerp en vervaardig volgens oorspronklike fabriekspesifikasies. Dit sorg dat toerusting deurlopend in hoogste ratfunksioneer.

Ons onderdele is geredelik beskikbaar en boere kan gerus wees dat hulle plaaslike Kubota-handelaar onderdele blitsvinnig kan verskaf wanneer hulle dit nodig het,”sê Vermaak. Kubota is stadig maar seker besig om goeie vordering in Suid-Afrika te maak, sê hy.

For more information about Kubota contact Smith Power on 011 284 2000

Published in AgriSA – June

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]