Kubota Nampo 2014

Namponuus 2014: Sny sonder sukkel met Kubota

Oranje is Kubota! Die Kubota-uitstalling by Nampo het weer vanjaar baie aandag getrek en besoekers het goed ingevaar in die Kubotawinkel. Benewens die reeks op-en-wakker brandstofbesparende trekkers, het Kubota ook sy grassnyers bekend gestel.

Deon Engelke on T2080
Deon Engelke on T2080

Deon Engelke van Kubota lyk reg vir die ding op die T2080 met sy petrolenjin van 14,9 kW met ‘n werkspoed van tot 9 kmu en ‘n snywydte van 1,067 meter. Die T2080 gaan vir jou ‘n gladde grasperk laat met sy twee vinnigswaaiende lemme, groot wiele wat vastrappery voorkom en ‘n ratse draaisirkel van 1,9 m aan die buitekant.

Kubota ZD331
Kubota ZD331

Die unieke ZD331 “Zero turn”-snyer het ‘n dieselenjin en sny vinniger as enige ander snyer in sy klas met Kubota se kenmerkende lae brandstofverbruik. Hy kan teen 17 kmu vorentoe sny en teen 8,5 kmu agtertoe en met ‘n dieseltenk van 49 liter kan jy sonder ophou die skool se sportterrein, die gastehuis se reuse grasperk of die gholfbaan netjies sny.

Sy snywydte is 2,8 meter en ‘n interessante eienskap is dat die drie lemme se punte oorvleuel, soos ratte wat verby mekaar beweeg. Dit beteken geen middelman wat hersny moet word, bly agter nie. Die lemme kan hidroulies gelig word en sy handratte en voetrem sorg vir pure bestuurplesier.

This article was featured on the ProAgri website – July 2014.

For more information about Kubota contact Smith Power on 011 284 2000

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]