MEDIA RELEASE FROM SMITH POWER EQUIPMENT
June 2014
Kipor Keeps it Pumping at Sasol Randburg
A Kipor generator at Sasol Randburg keeps the pumps pumping reliably and efficiently says petrol station owner Markus Bucher. “Downtime is not an option for me, so the generator plays a big part in the success of my business,” Bucher says.
Kubota se onderdele en nasorgdiens maak boere se lewe makliker
‘n Nuwe trekker is altyd goeie nuus op ‘n plaas, maar as onderdele nie geredelik beskikbaar is nie, kan dit boere met die hande in die hare laat. “Dit is waarom Smith Power seker maak dat ons onderdelenetwerk soos ‘n geoliede masjien regoor Suid-Afrika funksioneer. Die geheim is goeie kommunikasielyne tussen boere, ons vele handelaars en met Smith Power se hoofkantoor in Johannesburg,” sê Maartin Vermaak, onderdele-aankoper van Smith Power.
Oranje is Kubota! Die Kubota-uitstalling by Nampo het weer vanjaar baie aandag getrek en besoekers het goed ingevaar in die Kubotawinkel. Benewens die reeks op-en-wakker brandstofbesparende trekkers, het Kubota ook sy grassnyers bekend gestel.
Betroubaarheid, ekonomie en werkverrigting is eise wat vandag se boer aan werktuie moet stel as hy van plan is om volhoubaar te boer. Kubota se puik produkreeks bied die boer al hierdie hoedanighede, met veelsydigheid en blitsige diens op die koop toe.
Kubota word volgens die strengste standaarde en met die gevorderdste ingenieursvernuf van die beste materiaal in Japan, die land bekend vir tegnologiese prestasie, vervaardig. Kubota vervaardig elke onderdeel van elke Kubota-produk self om perfekte gehalte te verseker.
Kyk wat het Kubota vir die boer:
Kubota-trekkers is toonbeelde van ekonomiese doeltreffendheid, en van die kleinste tot die grootste in die reeks word met dieselfde toewyding en sorg vervaardig as die heel duurste trekker wat in die mark beskikbaar is. Elke Kubota is ’n ware, nuttige, bruikbare, professionele trekker.