DSC_1904

Kubota annekseer die goue Myl

Kubota annekseer die goue Myl

Met ‘n gemiddelde prys van R160 000 per hektaar vir ‘n stuk grond in die Loskop-skema, word die pad tussen Marble Hall en Groblersdal nie verniet die Goue Myl genoem nie. Alhoewel die opbrengs op hierdie grond met hierdie water en met hierdie klimaat uitstekend is, kan ‘n boer wat grond bewerk in hierdie peperduur streek, nie bekostig om foute te maak nie; daarvoor is die grond te kosbaar.

victer

Daarom doen die wyse boer deeglike navorsing en koop vanuit die staanspoor net die beste, doeltreffendste werktuie. Dit is geen wonder dat ses boere in die streek oor die afgelope twee jaar hulle vorige t rekkers vir Kubotas ingeruil het nie. Hierdie kranige oranje Japannese trekker met sy gevorderde tegnologie en bi llike prys het drie jaar gelede begin om die boerderygemeenskap in vervoering te bring.

Kubota vervaardig vir die afgelope 81 jaar hulle eie trekkers van voor tot agter om seker te maak dat selfs die geringste boutjie en wassertjie aan Kubotabetroubaarheid voldoen. Niks word aan ander hande oorgelaat nie. Du Preez de Villiers het by Dawie Naude, bestuurder van HN Pieterseboerdery wat met uitvoersitrus en -tafeldruiwe boer, gaan uitvind hoekom hy onlangs twaalf smal Kubotatrekkers gekoop het. Hy gebruik die trekkers uitsluitlik om die moderne hidrostatiese Martignani-spuite, (wat die gifdeurdrenkte waterpartikels elektries laai om aan die plante vas te heg) te trek.

“Vir die ou, konvensionele spuite was ‘n trekker van 34 tot 36 kilowatt voldoende, maar vir ons nuwe Martignani-spuite het jy ‘n trekker van 45 kilowatt nodig en die Kubota 7040 met sy 51 kilowatt laat waai deur ons boorde,” se Dawie.

maxresdefault5

“Ons het ook ‘n paar 8540’s, wat effens groter is, vir die sitrusboorde gekoop omdat die spuite effens groter Is. Wat my dadelik opgewonde gemaak het van die Kubota is sy hidrouliese skakeling wat beteken dat die operateur hoegenaamd nie aan die koppelaar hoef te raak met die gedurige rattewissel as hy tussen die boorde deur moet vleg nie. ‘n Koppelaar sterf ‘n vinnige dood in ‘n boord.”

Die kragaftakker werk ook hidrostaties en onafhanklik van die trekkerspeed, wat verseker dat die spuitstof steeds konstant toegedien word as die trekker se enjinomwentelinge wissel. “Ek moes dit self op die proef stel toe Gerhard Kriek van Tractor Warehouse vir my vertel het dat ek teen dieselfde kilowatts, 30% van my dieselrekening kan afknip as ek my vloot met Kubotas vervang. Ek kon my oe nie glo toe ek die resultate sien nie. Dit gaan dus nie moeilik wees om te besluit watter trekkers ek vir ons beplande uitbreidings gaan aanskaf nie.”

10268608_10152165037424037_2106529586343760302_n

Victer Kerslake is die eienaar van Tractor Warehouse en hy ken sy produkte se eienskappe op die punte van sy vingers. “Die Kubota is so lig op brandstof omdat die Japannese die enjin se ringe uitgegooi het om enjinwrywing te verminder. Die diesel word ook loodreg op die suiers gespuit vir optimale werkverrigting. “Vir die klein oppervlaktes in boorde en onder tonnels het die Kubota nog ‘n uitmuntende eienskap. As die trekker skerper as 30 grade moet draai, kan die drywer met die druk van ‘n knoppie die buitenste wiel vinniger laat draai om die trekker se draaisirkel drasties te verklein. Ons kan nou elke gang in die wingerde ‘n halfmeter smaller maak, wat grondbenutting beduidend verhoog,” se Dawie.

“Ons het gesien dat as ons net een Kubota op ‘n plaas kan kry, is dit net ‘n maand of twee maande voordat die boere ons begin bel om nog te kom aflewer,” se Gerhard. “Met hierdie wereldklas, ultmuntende Japannese produk wen alma!.”

For more information about Kubota contact Smith Power on 011 284 2000

Published in Pro Agri May 2014

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]