DSCN1624

Kubota sit Suid-Afrikaanse opmars voort

Kubota sit Suid-Afrikaanse opmars voort

Die Suid-Afrikaanse trekkermark kan nie anders as om kennis te neem van die Japanse gehalte trekker, Kubota, se opmars in die mededingende plaaslike mark nie. Ondanks ‘n beskeie begin in Suid-Afrika net meer as ‘n dekade gelede, het dié staatmakertrekker nou reeds ‘n aansienlike aandeel van die plaaslike verkope.

DSCN1557

In die afgelope jaar het sy omset ‘n indrukwekkende groei getoon. As in ag geneem word dat die plaaslike mark die afgelope drie tot vier jaar byna onveranderd gebly het, is dit nie te versmaai nie. “Die afgelope jaar se groei dui daarop dat die produk meer en meer aanvaar word,” sê mnr Deon Engelke, produkbestuurder van Smith Power Equipment, die plaaslike verspreider van Kubota.

Engelke skryf die sukses van Kubota toe aan ‘n kombinasie van faktore: Bewese Japanse gehalte. Goeie waarde vir geld. Suinige brandstofverbruik. “Brandstof het ‘n groot uitgawe op elke plaas ge raak. Al hoe produsente meer geld kan maak, is deur uit te brei of deur insetkoste, insluitend brandstof-uitgawes, te verlaag.” Heelwat meer beskikbare voorraad.

Ons het verseker dat die regte produk op die regte plek en tyd beskikbaar is,” sê Engelke. Goeie handelaarsontwikkeling. “Namate handelaars van Kubota se bemarkbaarheid kennis neem, vergroot hul fokus op verkope en diens. Ons het nou ‘n netwerk van gehalte handelaars, waarvan sommige alleenverspreiders is en ander deel-agentskappe.” Engelke sê daar is nóg ‘n paar verrassings aan die kom.

DSCN1483

Kubota gaan sy reeks trekkers in die Suid-Afrikaanse mark uitbrei en ook ‘n aantal nuwe produkte bekendstel. Ons is opgewonde oor die vooruitsigte.” Groter Kubotas van meer as 100 kW is ook in die toekoms aan die kom. Die maatskappy het onlangs aangekondig dat hy 40 miljard euro gaan bestee aan ‘n nuwe aanleg in Frankryk waar groter trekkers vervaardig gaan word.

Kubota gaan weer vanjaar sy uitstalruimte by Graan SA se NAMPO Oes dag op Bothaville inneem en produsente kan gerus by standplaas 139 aandoen om meer oor hulle produkte en planne te verneem.

For more information about Kubota contact Smith Power on 011 284 2000

Published in GraanSA – April 2014

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]