Fanie by sy Kubota L39 met sy bybehore.

Kubota se L39 is die veelsydigheid vanself

Kubota se L39 is die veelsydigheid vanself – deur du Preez de Villiers

Baie jare se dure sake-ervaring het Fanie de Jongh, ’n ontwikkelaar in Vanderbijlpark, geleer dat dit net beter is om so veel as moontlik beheer oor sy produksie- en waardekettings te hê.
Vir ’n man wat staal verwerk; winkelruimte, kantoorblokke en woonstelle uithuur en motors verkoop, maak hy ook tyd om, net soos ’n goeie boer, oral waar hy kan self betrokke te wees. Daarom het hy twee jaar gelede, toe hy begin het om ’n reuse motorhawe te bou, vir hom ’n Kubota L39 gekoop. Die L39 is ’n volwaardige laaigraaf, tru-grawer en 4×4 trekker, volledig met alles wat jy van ’n gevorderde trekker verwag.

“Ek hou daarvan om soveel as moontlik self te doen, want as jy al jou belangrike werk wat in elk geval gereeld gedoen moet word, moet uitkontrakteer, raak dit ’n duur storie.”

Fanie by sy Kubota L39 met sy bybehore.
Fanie by sy Kubota L39 met sy bybehore.

Na heelwat rondsoek en toetslopies het Fanie, met 18 jaar se onstruksieagtergrond, besluit dat Kubota vir geen ander handelsmerk hoef terug te staan nie. groot 2×4 TLB/slootgrawer/laaigraaf/tru-grawer) en dié oranje 4×4 buksie. Toe ek sien wat die outjie se vermoëns is in vergelyking met die groot

“Boonop kan die Kubota by veel kleiner plekkies op ’n bouterrein inkom. Hierdie masjien is die Switserse weermagmes van masjiene, want met al sy funksies en bybehore kan jy hom vir amper elke moontlike boutaak gebruik,” sê Fanie.

John Rampitsang hanteer hierdie swaar, selfgemaakte skraper asof dit ’n veertjie is.
John Rampitsang hanteer
hierdie swaar, selfgemaakte
skraper asof dit ’n veertjie is.

Die Kubota se eenvoudige en doeltreffende aanhegtoestel leen hom daartoe dat Fanie sommer self ’n paar bybehore kon bou. Vir werk aan dakke en hoë plekke, het hy ’n steier met ’n veiligheidsreëling gebou. Daarmee word die werkers regstreeks van een punt na ’n volgende geneem en al die tyd wat hulle met op- en afklim sou vermors word nou bespaar.

Met die groot en swaar selfgemaakte stootskraper, stoot die sand heen en weer op die boupersele en maak gelyk sonder sukkel. “As die Kubota nie op die terrein is nie, voel ons die frustrasie, want hy maak die handewerk veel ligter en minder,” sê Fanie. “Ons gebruik hom ook vir ’n grassnyer, vurkhyser, gatgrawer en laaibak.”

As die L39 gou Vereeniging toe moet gaan waar Fanie se ander ontwikkelings is, klim hy vinnig op die pad en woerts-warts is hy daar en terug om verder te kom werk. “Dit help baie as jy ’n konstruksiemasjien het wat gelisensieerd is.”

Fanie glo daarin om slegs een goeie operateur vir die L39 te hê en dit is sy verantwoordelikheid om die masjien mooi te versorg en te onderhou. Die gelukkige drywer wat tans aan die stuur sit, kom van Sasol af en het geen moeite

uur uit om ’n velddiens te doen. “As ek ’n boer is, sal ek verseker vir my een aanskaf, want ek weet hoeveel uiteenlopende take daar op ’n plaas is en jy sal ver moet soek vir soveel veelsydigheid,” sê Fanie. gehad om die Kubota met al sy bybehore baas te raak nie.

Hierdie hoë, spoggerige steier word met gemak deur die Kubota hanteer .
Hierdie hoë, spoggerige steier word met gemak deur die Kubota hanteer .

’n Masjien wat so belangrik is en so baie werk verrig, verdien sy gereelde versienings. Die naaste Kubota-handelaar, Tractor Warehouse Vereeniging, is lekker naby. “Die ouens se rugsteundiens is uitstekend. Hulle bel ons gereeld om uit te vind hoeveel werksure op die meter is en kom dan elke 250

Vir meer inligting, skakel vir Deon Engelke by 083-306-8655 of
deon@kubotasa.co.za. Besoek ook gerus Kubota se webwerf by
www.kubotasa.co.za

Article that went into the ProAgri – March 2014.

Article was featured in the Farm Tech – July Aug 2015.

Check out our facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]