Slaggereed staan die oranje Kubota-vloedgolf, gereed om
na enige uithoek van Suid-Afrika of Namibië te spoel.

Kubota het gekom om te… groei

Die oranje Kubota-trekkerspan van Japan het nou voorwaar vir hulleself ‘n plek in die Afrikason oopgewerk.”Ons het geweldige groei getoon oar die afgelope ses maande tot ‘n jaar en ons moes drasties uitbrei om tred te hou met die voorraadvereistes,” vertel Deon Engelke, handelsmerkbestuurder van Smith Power, die verspreiders van Kubota in Suid-Afrika en Namibie.

In die ruim monteeraanleg kan ’n groot voorraad onderdele geberg word en toerusting gereed gemaak word om boere se werk op die plaas makliker en lonender te maak.
In die ruim monteeraanleg kan ’n groot voorraad onderdele geberg
word en toerusting gereed gemaak word om boere se werk op die
plaas makliker en lonender te maak.

Die uitbreidings het ‘n tuiste gevind in ‘n splinternuwe aanleg van 6 000m2 in Edenvale aan die Rand. By die aanleg word die boude en blaaie van al die toerusting wat van Japan af gestuur word in ‘n moderne fabriekslyn aanmekaargesit en gereed gemaak vir versending aan die landwye handelaarsnetwerk.

Met die reuse belegging het Kubota oak sy vertroue in die toekoms van die Suid-Afrikaanse landboubedryf bewys. Deon skryf hulle groei in die uitdagende ekonomiese omstandighede aan ‘n paar faktore toe. “Die boere in Suid Afrika het nou die produk goed leer ken en aanvaar as die wereldklas gehalte produk wat dit is. Kubota is die wereldleier in die 17 tot 100 kW trekkerklas en saam met ons laaigraaftoerusting en rowweterreinvoertuie bied ons aan kommersiele boere betroubare oplossings.

Hy se oak deur voorraad op die regte tyd aan te koop, kon Kubota SA sy prysvlakke handhaaf in moeilike tye en nou, met die groat aanleg, is dit moontlik om nag meer voorraad aan te hou. Daarmee saam is die onderdelepakhuis oak aansienlik uitgebrei en dit beloof nag beter en vinniger diens aan handelaars en boere.

Wat by sommige ander trekkerfabrikate as luukshede beskou word, is by Kubota standaardtoerusting. ‘n Operateur in ‘n Kubota-kajuit geniet nie net die voordele van gebruikersvriendelike antwerp nie, maar oak beskerming teen geraas van buite en die kajuit gaan nie roes of vergaan in die trekker se leeftyd nie.

Daarby hou elke boer deesdae met ‘n fyn oog sy brandstofverbruik dop en vir sy werkkrag staan Kubota ver bo die res uit. AI die produkte voldoen oak aan die omgewingsvriendelike vereistes. “Boere soek tegnologies gevorderde toerusting van gehalte,” se Deon. “Ons is op die regte pad, dit is ‘n feit.” Groter, beter en meer In die nuwe, moderne monteeraanleg vloei die produksieproses oak beter en vinniger en niks hoef stil te staan en te wag vir die skip om te kom nie! Dit beteken dat handelaars en boere by hulle noodsaaklike teikendatums kan hou.

Al die Kubota-handelaars regoor die land, soos dié tak in die Wes-Kaap wat ook pas opgekikker is, kan reken op nog vinniger diens vanuit die groot Kubota-aanleg in Edenvale
Al die Kubota-handelaars regoor die
land, soos dié tak in die Wes-Kaap
wat ook pas opgekikker is, kan reken
op nog vinniger diens vanuit die groot
Kubota-aanleg in Edenvale

Die uitbreidings sluit nie net meer voorraad in nie, maar skep oakgeleentheid vir die uitbreiding van die produkreeks. Boere kan gerus op die uitkyk wees vir die nuwe M1O8 en die M130x. Die M-reeks trekkers bestaan uit grater trekkers met meer trekkrag, wat oak in die groeiende minimum bewerings mark hulle merk kan maak.

Kubota se wye reeks staatmakers vind oral in die landbou ‘n tuiste; van die wingerde in die Wes-Kaap tot die mielielande in die noorde. Gaan kyk op Kubota se gebruiksvriendelike webwerf, www.kubotasa.co.za, nadie reekse trekkers,  rondver skuiwings toe rusting en rowweterreinvoertuie en vra sommer daar kwotasies aan as jy wil. Dean se: “Ons het ‘n fabriekswaarborg van een jaar of ‘n duisend uur, maar eintlik waarborg ons tevredenheid. Boere wat nag onseker is of hulle die Kubota-pad wil loop, kan ons gerus skakel; ons het ‘n paar goeie aanbiedings wat die besluit dalk makliker kan maak.

Skakel Deon Engelke by 083-306-8655 of e-pos deon@kubotasa.co.za as jy deel van die Kubota-suksesverhaal wil word. Besoek www.kubotasa.co.za of gesels saam op facebook. Kyk ook hoe lekker werk die boere met hulle Kubotas by www.youtube.com/user/ProAgrivideo.

For more information about Kubota contact Smith Power on 011 284 2000

Article in the ProAgri – Nov 2013

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]