M9540 Kubota Loader

Kubota se Laaigraaf-lekkerte

Kubota se Laaigraaf-lekkerte

Suid-Afrikaners hou van ‘n goeie suksesverhaal. Daarom duik die on – stuit baarheid van die Springbokke in die Wêreldbekertoernooie van 1995 en 2007 steeds in rugbygesprekke op. Die meeste produsente is groot rugby-geesdriftiges en gesels lekker saam. Hulle raak egter ewe opgewonde oor goeie produkte en diens wat hul plaastake vergemaklik, veral as hulle vroeër nie veel kennis daarvan geneem het nie.

Kubota Loader
Kubota Loader

Só praat suiwelprodusente en ander gebruikers al hoe meer oor Kubota se laaigraafreeks, wat toenemend op Suid-Afrikaanse plase ingespan word vir hooimaak- en ander take: Hulle is duidelik opgewonde oor dié toerusting, wat met Japannese presisie vervaardig word en in Suid-Afrika deur Smith Power Equipment versprei word.

Al neem dit soms maar lank vir onbekende produkte om hul staal te wys, dring die gehalteboodskap tog uiteindelik deur,” sê mnr Deon Engelke, produksiebestuurder. “Dit is dus by Smith Power Equipment musiek vir ons ore om te hoor hoe positief gevestigde en nuwe gebruikers van Kubota daaroor is.” Volgens Engelke het plaaslike produsente eers in 2005 ernstig van Kubota trekkers en laaigrawe begin kennis neem. Verkope het sedertdien met meer as 1 000% toegeneem. Wat Kubota laaigrawe betref, sê hy dat hul gewildheid baie te doen het met die ontwerp daarvan.

Produsente neem kennis daarvan dat dit doelgemaak is vir die Kubota trekker. Dit is nie net ‘n algemene laai – graaf wat êrens aangehaak word nie.” Kubota se M-laaigraafreeks begin by 60 kW, en die grootste in die reeks, die M130, sorg vir ‘n stewige 100 kW laai-woema. Van die ander eienskappe van die reeks (die M7040, 8540, 9540, 108, 128 en 130) wat tot die gewildheid daarvan bydra, is: Die sig is uitstekend.

Kubota Loader
Kubota Loader

Die gemak van hantering Die laaigraaf kan tot 4 m hoog strek Die Kubota kajuit is ontwerp om die laaigraaf met gemak te hanteer Die voordele wat Kubota se grondvryhoogte en kortdraai-aksie bied “Produsente meen egter dat die hidrouliese beheer daarvan, wat nie stremming plaas op die trekker se koppelaar weens al die vorentoe en agtertoe van laaigraafwerk nie, van die top-eienskappe is,” sê Engelke.

Hulle is ook erg in hul noppies oor die goukoppeling van die bakke – slegs twee hefbome wat blitsig los- of vasgemaak kan word.” Engelke sê Kubota se voorraad trekkers word vanjaar aansienlik aangevul, nadat die plaaslike vraag na dié gerekende Japannese staatmaker eers onderskat is. “Gehalte teen ‘n billike prys is onstuitbaar.

For more information about Kubota contact Smith Power on 011 284 2000

Published in SA Graan – Aug 2013

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]