’n Mens bou nie ’n modelboerdery soos Habata op met swak bestuursbesluite nie. Die besluit om Kubota-trekkers, soos hierdie gedugte M130X, aan te skaf, was een van Hannes Joubert se suiwer bestuursbesluite.

Kieskeurige boere kies Kubota

Honderd persent reg is die enigste manier waarop dinge gedoen word op Habata se plase by Kirkwood en Addo in die Oos-Kaap. Daar is immers derduisende plaaslike en oorsese lekkerbekke
wat gretig wag op Habata se keurige sitrus, waatlemoene,
spanspekke, botterskorsies, kool en pikantrissies.

Vir spuitwerk en grondvoorbereiding is Habata se Kubota M9540 van 71 kW, wat sy hidrouliese stelsel met ‘n vloei van 64,3 ℓ/min hier gebruik om die spuitbalk te ontvou vir voorplantonkruidbeheer, die perfekte trekker.
Vir spuitwerk en grondvoorbereiding is Habata se Kubota M9540 van 71 kW, wat sy hidrouliese stelsel met ‘n vloei van 64,3 ℓ/min hier gebruik om die spuitbalk te ontvou vir voorplantonkruidbeheer, die perfekte trekker.

Om net die beste produkte te lewer, gebruik Habata net die beste
boerderymetodes en tegnologie – en deel van hierdie allerbeste tegnologie is Habata se flink span Kubota-trekkers. Hannes en Marie Joubert het dertig jaar gelede in die Sondagsriviervallei
begin boer en Habata met harde werk en toewyding tot ’n modelboerdery opgebou.

Sukses is van goeie bestuursbesluite afhanklik en so ’n goeie besluit was om Kubota-trekkers aan te skaf. Wanneer hy ’n trekker kies, kyk Hannes of hy stewig gebou en goed aanmekaargesit is, of sy onderhoudskoste laag is en of hy genoeg krag het om sy werk te doen.

Goeie diens en beskikbaarheid van onderdele is ook belangrik
omdat geen boer plek vir staantyd het nie. Hannes glo daaraan om sy trekkers baie jare lank te hou en  daarom moet die trekkers wat hy kies robuust en betroubaar wees.

Toe hy twee jaar gelede nuwe trekkers moes aanskaf, het Kubota se
robuuste bou en stewige voor- en agterstelle sy oog gevang. Hy het ook gemerk dat Kubota ’n gewilde trekker is en dat daar selfs in die VSA heelwat van hulle loop.

Hannes was nog nie een dag spyt oor sy Kubota-keuse nie. Elke Kubota doen die werk waarvoor hy aangeskaf is met voorbeeldige pligsbetragting en sonder nukke. Dis nog te vroeg om te sê, maar
dit lyk asof die Kubota-trekkers jare lank sal hou.

Hierdie verwagting word natuurlik reeds bewys dat weedehandse Kubota-trekkers so skaars soos hoendertande is – as ’n boer eers ’n Kubota het, wil hy hom nie maklik verkoop nie omdat Kubota-trekkers jare en jare en jare se voortreflike diens lewer.

Kubota-trekkers se lae brandstofverbuik is legendaries en te danke aan die vernuftige driedwarrel-ontbrandingskamers wat sorg dat elke druppeltjie diesel vinnig ontsteek en volledig ontbrand.
Dit sorg ook vir skoner uitlaatgas.

Die dikstem in Habata se Kubotavloot is die kragtige M130X wat met sy drukbuisinspuiting 84 kW bruikbare krag lewer. Sestien vorentoe- en sestien truratte dra hierdie krag via elektrieshidroulies beheerde vierwieltrek oor om vir ’n vastrap en trekkrag te sorg wat jou sal verstom.

Hierdie gedugte M130X maak kinderspeletjies van Habata se skeurploeg- en skottelbewerkings terwyl hy die operateur
in sy gerieflike kajuit vertroetel met hidrostatiese kragstuur, ergonomiese instrumente-uitleg en sitgerief so gemaklik soos ’n koning se troon.

Ook vir grondbewerking en spuitwerk met die kousbalkspuit in die waatlemoenlande gebruik Habata ’n M9540 DTHQ-bulperd van 71 kW met 12 vorentoe-en 12 truratte. Hierdie trekker het ook ’n kajuit, wat hom honderd persent geskik en veilig vir spuitwerk maak, maar hy het ook heeltemal genoeg krag en vastrapvermoë vir grondvoorbereidingstake. In die sitrusboorde gebruik Habata twee M8540-boordtrekkers van 64 kW met 8 vorentoe- en 8 truratte enhidrouliese vorentoe- en truskakeling (shuttle). Hierdie slanke kragmanne se draaisirkel is ’n skamele 3,5 meter, wat hulle besonder rats in die boorde maak.

Habata se Kubota 7040 is ’n smal trekker wat hom uiters geskik maak om tussen rye te werk in kool- spanspek-, botterskorsie- en pampoenlande. Maar moenie dat sy smal lyf jou flous nie – hy is ’n kragtige kêrel wat ’n skotteleg soo hierdie met gemak sleep.
Habata se Kubota 7040 is ’n smal trekker wat hom uiters geskik maak om tussen rye te werk in kool- spanspek-, botterskorsie- en pampoenlande. Maar moenie dat sy smal lyf jou flous nie – hy is ’n kragtige kêrel wat ’n skotteleg soo hierdie met gemak sleep.

In Habata se pikantrissie- en groentelande is ’n trekker nodig wat rats kan beweeg en fyn kan trap in die nou rye, maar tog taai take
kan baasraak. Daarvoor is die M7040-boordtrekker met sy skraal
skouers, maar wakker werkvermoë, die perfekte ant-woord.
Hierdie kontant knaap se voorwiele trap maar 1,03 meter wyd en sy
agterwiele kan van 0,9 tot 1,385 m gestel word, maar met sy flukse enjin van 53 kW doen hy dag vir dag ’n man se werk op
die land.

Kubota-trekkers is net so gevorderd as die duurste, rootste trekkers in die wêreld, maar Kubota troon bo almal uit met hulle briljante
ingenieursvernuf, hulle noukeurige vervaardigingstandaarde, hulle onuitputlike werkvermoë en hulle kanniedood werkslewe.

Voorts word Kubota gerugsteun deur ’n span vir wie dit ’n saak van erns is dat daar nie ’n enkele ontevrede Kubota-eienaar in die land mag wees nie. Hannes Joubert stem saam dat Kubota se mense die kundigheid en begrip vir die boer se behoeftes het waarop boere kan reken.

“Ons het nog geen probleme met ons Kubota-trekkers gehad nie, maar toe ons agterkom dat die een M8540 meer diesel as die ander een gebruik, was Kubota se mense dadelik hier om die saak reg te maak. Kubota se hoofkantoor se mense besoek ons ook gereeld om seker te maak dat ons nog tevrede is.”

This article was featured in the ProAgri – Aug 2014 and is also posted on the ProAgri website.

For more information about Kubota contact Smith Power on 011 284 2000

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]