L5040

Kubota: Wentrekkers werk vir wenwyn

’n Onoorwinlike kombinasie vir enige boerderysukses is goeie trekkers engoeie diens deur die trekkerverskaffer. Chamonix, die pronk-wynlandgoed hoog bokant Franschhoek, is in al sy bedrywighede gesteld op gehalte en doeltreffendheid. Net die beste is goed genoeg om hierdie landgoed se pryswennerwyn en vonkelhelder water te produseer. Daarom gebruik Chamonix net Kubota-trekkers vir al die werk wat op die plaas gedoen word.

Die Kubota RTV900 is ’n ratse orals-loper wat boonop ’n vrag kan dra en ’n sleepwa kan sleep.
Die Kubota RTV900 is ’n ratse orals-loper wat boonop ’n vrag kan dra en ’n sleepwa kan sleep.

Gottfried Mocke, Chamonix se wynmaker, sê hy was nog nie ’n oomblik spyt dat hulle drie jaar gelede hulle hele trekkervloot met Kubotas vervang het nie. Chamonix se eienaar, Chris Hellinger, is ’n man wat gehalte na waarde kan skat en vir hom was daar net een keuse: Kubota.

Elke Kubota-trekker is ’n toonbeeld van gevorderde en sorgsame ingenieursvernuf om vir die boer die beste waarde vir geld te bied wat werkverrigting, duursaamheid, nuttigheid, brandstofekonomie en selfs herverkoopwaarde betref. Chamonix se Kubota-span sluit die
volgende modelle in:

Klein trekkertjie; groot werk

Die BX25 is kragtig en veelsydig met sy driesilinderenjin wat 17,2 kW lewer en vierwieltrek. Hierdie trekker is die toppunt van nuttigheid omdat dit benewens ’n volledige trekker met sy eie driepunthyser, ook ’n volwaardige laaigraaf, slootgrawer en grassnyer is. Chamonix gebruik hom onder meer om slote vir dreinering en besproeiing te grawe en om pype wat reggemaak moet word, oop te grawe.

Rocco Viljoen grawe in ’n japtrap teen moeilike, skuins grond ’n sloot vir ’n waterpyp met Chamonix se Kubota BX25.
Rocco Viljoen grawe in ’n japtrap teen moeilike, skuins grond ’n sloot vir ’n waterpyp met Chamonix se Kubota BX25.

Stoere staatmaker

Die L5040 is ’n 38,9 kW-trekker met vier silinders en indirekte inspuiting met turbo-aanjaging en ’n hidrostatiese kragstuur. Met sy 16 vorentoeen 16 truratte en kruiprat is hy ’n staatmaker vir snywerk, grondvoorbereiding en sleepwa trek gedurende parstyd.

Fris vastrapper

Die Kubota ME8200 se turbo-aangejaagde viersilinderenjin bied 63,8 kW wat elkeen vir volle trekkrag beskikbaar gestel word deur die ratkas met 12 vorentoe- en 12 truratte, 4 kruipratte en gesinchroniseerde heen- en weerskakeling. Sy driepunthyser lig ’n allemintige 1 900 kg en sy tweespoed draaivermoë stel hom in staat om by een wingerdry uit te kom en sonder heen- en weerstoot by die volgende ry in te draai.

Dienstige drawwer

Saam met die vloot Kubota-trekkers het Chamonix ook die toppunt van nuttigheid op enige plaas aangeskaf: ’n Kubotarowweterreinvoertuig (RTV) wat elke dag waardevolle diens op die plaas verrig. Die RTV900 het ’n driesilinder-dieselenjin en kan tot 40 km/u draf met sy wisselende hidrotransmissie. Hy het ’n hoë-,medium- en laestrekkeuse en sowel twee- as vierwielaandrywing.

Die RTV900 kan ’n vrag van 750 kg op sy wipbak dra en dan nog ’n waentjie van 590 kg sleep om materiaal en gereedskap enige plek op die plaas te besorg – selfs bo teen die berg. Chamonix gebruik hom ook om voer na hulle wildkamp aan te ry en hy bied gerieflike, veilige sitplek vir die bestuurder en een passasier.

Dis die goedkoopste en maklikste manier om gou-gou al die hoekies op die plaas te bereik, sê Gottfried, wat glo dat dit baie sleg is as mense met trekkers op ’n plaas moet begin rondry.

Gottfried is honderd persent tevrede met die werk wat die Kubota-span op die plaas doen en met hulle betroubaarheid en brandstofekonomie. Hy is ook baie tevrede met die diens wat hy by Kubota kry om te verseker dat sy hele vloot altyd in ’n perfekte werkende toestand bly. As die trekkers hulle werk behoorlik doen, kan hy daarop konsentreer om wenwyn te maak…

Vir meer inligting oor die klein (en nieso-klein) trekkers wat die groot werk doen, praat met Deon Engelke by 083-306-8655 of deon@kubotasa.co.za. Besoek ook www.kubotasa.co.za vir volledige inligting oor Kubota se volle reeks en om te sien waar die Kubotahandelaar naaste aan jou is.

Article was published in: ProAgri – Feb 2013

For more information about Kubota contact Smith Power on 011 284 2000

Check out our Facebook page. [click here]

Check out our Google + page. [click here]

Check out our Twitter Feed. [click here]