’n Onoorwinlike kombinasie vir enige boerderysukses is goeie trekkers engoeie diens deur die trekkerverskaffer. Chamonix, die pronk-wynlandgoed hoog bokant Franschhoek, is in al sy bedrywighede gesteld op gehalte en doeltreffendheid. Net die beste is goed genoeg om hierdie landgoed se pryswennerwyn en vonkelhelder water te produseer. Daarom gebruik Chamonix net Kubota-trekkers vir al die werk wat op die plaas gedoen word.

Gottfried Mocke, Chamonix se wynmaker, sê hy was nog nie ’n oomblik spyt dat hulle drie jaar gelede hulle hele trekkervloot met Kubotas vervang het nie. Chamonix se eienaar, Chris Hellinger, is ’n man wat gehalte na waarde kan skat en vir hom was daar net een keuse: Kubota.